{"id":5558,"date":"2022-08-29T16:33:00","date_gmt":"2022-08-29T14:33:00","guid":{"rendered":"https:\/\/jgf.org.za\/?p=5558"},"modified":"2022-08-29T16:49:24","modified_gmt":"2022-08-29T14:49:24","slug":"","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/kommadagga-2022\/","title":{"rendered":"","raw":""},"content":{"rendered":"","protected":false,"raw":""},"excerpt":{"rendered":"","protected":false,"raw":""},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_en_post_content":"Vyf aspirant-tydskrifverhaalskrywers kwalifiseer vir LitNet, <em>Huisgenoot<\/em> en die Jakes Gerwel Stigting se derde Kommadagga-slypskool, wat van 10 tot 31 Oktober 2022 op Somerset-Oos aangebied word. Altesaam 64 aansoeke vir deelname is ontvang, en n\u00e1 baie kopkrap is die volgende kandidate deur \u2019n paneel kundiges gekeur: Danie Kriek, Esm\u00e9 Cupido, Gaasitwe Setshedi, Liziwe Ndalana en Yuwinn Kraukamp.\r\n\r\nVanjaar fokus die Kommadagga-slypskool op vaardighede vir die skryf van tydskrifverhale, met <em>Huisgenoot<\/em> as \u2019n spesiale vennoot van die projek. Rachelle Greeff en Niq Mhlongo is die aanbieders wat die opkomende skrywers in Afrikaans en Engels touwys gaan maak oor die fynere kunsies van di\u00e9 genre.\r\n\r\nDie kandidate en hul mentors sal vir drie weke in die Jakes Gerwel Stigting se Paulet-skrywershuis in Somerset-Oos tuisgaan.\r\n\r\nEtienne van Heerden, LitNet se eindredakteur, s\u00ea: \u201cWat \u2019n fassinerende laboratorium gaan hierdie nie wees nie. Die twee mentors en die suksesvolle kandidate kom vanuit diverse agtergronde en met uiteenlopende geskiedenisse en leesrepertoires na LitNet se Kommadagga-slypskool en die skeppende vonke gaan sekerlik spat. Baie dankie aan almal wat die projek tot hier gebring het, en voorspoed aan die skrywers.\u201d\r\n\r\nTheo Kemp, direkteur van die Jakes Gerwel Stigting, s\u00ea dat dit iets besonders is om te aanskou hoe die projek oor die afgelope jare gegroei het. \u201cDit meet \u2019n mens aan die suksesse wat intussen deur vorige jare se deelnemers bereik is, asook die wye verskeidenheid en oorweldigende aantal aansoeke wat ons vanjaar ontvang het. Hierdeur doen ons gestand aan die Jakes Gerwel Stigting se doelwit, naamlik om nuwe stemme te hoor en onvertelde stories te laat vertel.\u201d\r\n\r\n<strong>Meer oor die skrywers van 2022: <\/strong>\r\n\r\n<img class=\"size-full wp-image-5493 alignnone\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/08\/daniekriek_Fotor.png\" sizes=\"(max-width: 280px) 100vw, 280px\" srcset=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/08\/daniekriek_Fotor.png 280w, https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/08\/daniekriek_Fotor-200x200.png 200w\" alt=\"\" width=\"280\" height=\"280\" \/>\r\n\r\n<strong>Danie Kriek<\/strong>\r\n\r\nDanie Kriek is gebore op \u2019n plaas naby Harrismith wat eens aan sir James Percy Fitzpatrick, skrywer van <em>Jock of the Bushveld<\/em>, behoort het. Hy het aan Ho\u00ebrskool Sentraal in Bloemfontein gematrikuleer en later \u2019n diploma in filmproduksie en uitsaaiwese verwerf. Nadat Danie \u2019n graad in Engels behaal het, het hy vir \u2019n tyd lank in China skoolgehou. Intussen het hy \u2019n passie vir die gesondheid- en fiksheidsbedryf ontwikkel, en deesdae leer hy mense om goeie gesondheidskeuses te maak. Tydens sy studie aan die filmskool het Danie \u2019n klompie kort draaiboeke geskryf, maar hy hoop om tydens die Kommadagga-slypskool sy vaardighede in die skryf van tydskrifverhale te laat gedy.\r\n\r\n<img class=\"size-full wp-image-5497 alignnone\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/08\/esmecupido_Fotor.png\" sizes=\"(max-width: 280px) 100vw, 280px\" srcset=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/08\/esmecupido_Fotor.png 280w, https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/08\/esmecupido_Fotor-200x200.png 200w\" alt=\"\" width=\"280\" height=\"280\" \/>\r\n\r\n<strong>Esm\u00e9 Cupido<\/strong>\r\n\r\nEsm\u00e9 Cupido is in 1972 op Clanwilliam gebore, en sy is een van vyf kinders. In haar ouers se slaapkamer was \u2019n houtboekrak waarin Westerns, Heinz Konsalik-romans en liefdesromans gepryk het. Esm\u00e9 het haar liefde vir lees by haar pa ge\u00ebrf, en as laerskoolkind het sy di\u00e9 boeke verslind. In standerd vyf, toe sy die eerste keer toegang tot \u2019n biblioteek gekry het, het Esm\u00e9 jeugreekse soos <em>Saartjie<\/em> en <em>Die uile<\/em> ontdek. Esm\u00e9 het op Malmesbury gematrikuleer en \u2019n BA en HOD aan die Universiteit van Wes-Kaapland behaal, waarna sy op verskeie dorpe skoolgehou het. Vandag is sy \u2019n onderwyser in Mitchells Plain, getroud met Malcolm en die ma van \u2019n 20-jarige dogter. Kortverhale en rubrieke uit haar pen het al in <em>Kuier<\/em> en <em>Son<\/em> verskyn.\r\n\r\n<img class=\"size-full wp-image-5496 alignnone\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/08\/GaasitweSetshedi_Fotor.png\" sizes=\"(max-width: 280px) 100vw, 280px\" srcset=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/08\/GaasitweSetshedi_Fotor.png 280w, https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/08\/GaasitweSetshedi_Fotor-200x200.png 200w\" alt=\"\" width=\"280\" height=\"280\" \/>\r\n\r\n<strong>Gaasitwe Setshedi<\/strong>\r\n\r\nGaasitwe Setshedi is in Mabopane, Tshwane gebore. Sy het toneelspel aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie gestudeer, met opvoedkundige teater, fisieke teater en draaiboekskryf as fokusareas. Gaasitwe se professionele loopbaan het begin toe sy gemeenskappe as \u2019n veldwerker met opvoedkundige teaterstukke bedien het. Later het sy saam met StageFright Edutainment die land vol getoer met opvoedkundige produksies vir kinders en korporatiewe instellings. In 2014 het sy \u2019n geletterdheidsprogram, gemik op die ontwikkeling van leerders se lees- en begripvaardigheid, by Marula Prim\u00eare Skool van stapel gestuur. Gaasitwe se groot droom is om deur haar skryf- en toneelwerk \u2019n bydrae te lewer tot die verbetering van onderwys in Suid-Afrika.\r\n\r\n<img class=\"size-full wp-image-5495 alignnone\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/08\/LiziweNdalana_Fotor.png\" sizes=\"(max-width: 280px) 100vw, 280px\" srcset=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/08\/LiziweNdalana_Fotor.png 280w, https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/08\/LiziweNdalana_Fotor-200x200.png 200w\" alt=\"\" width=\"280\" height=\"280\" \/>\r\n\r\n<strong>Liziwe Ndalana<\/strong>\r\n\r\nLiziwe Ndalana is \u2019n vryskutskrywer en blogger, en sy het al as radio-aanbieder en inhoudsbestuurder vir <em>Fin24<\/em> gewerk. In 2007 het sy \u2019n diploma aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie verwerf. Liziwe het haar eie YouTube-kanaal en is aktief op sosiale media met verskeie projekte. Sy blog onder meer oor haar avonture as stapper en koffiewinkel-jagter. Sy is die stigter van Dream Factor, \u2019n klub wat geletterdheid onder kinders en volwassenes in Nyanga bevorder. As \u2019n aktivis vir geletterdheidsontwikkeling het sy bande met Nal\u2019ibali en die Fundza Literacy-stigting. Liziwe bedryf ook haar eie wasgoedonderneming in Nyanga.\r\n\r\n<img class=\"size-full wp-image-5494 alignnone\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/08\/YuwinnKraukamp_Fotor.png\" sizes=\"(max-width: 280px) 100vw, 280px\" srcset=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/08\/YuwinnKraukamp_Fotor.png 280w, https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/08\/YuwinnKraukamp_Fotor-200x200.png 200w\" alt=\"\" width=\"280\" height=\"280\" \/>\r\n\r\n<strong>Yuwinn Kraukamp<\/strong>\r\n\r\nYuwinn Kraukamp (28) het in die Overberg op L\u2019Agulhas in die Wes-Kaap grootgeword. Hy beskryf homself as iemand wat \u201ckreatiwiteit met moedersmelk ingekry het\u201d en skryf radiodramas, verhoogstukke, gedigte, kortverhale en artikels. Nadat hy aan Ho\u00ebrskool Bredasdorp gematrikuleer het, het Yuwinn \u2019n graad in Engels en Linguistiek aan die Universiteit van die Wes-Kaap behaal. Vroe\u00ebr vanjaar het hy \u2019n toekenning vir een van sy kortverhale ontvang toe hy \u2019n Kaliforni\u00eb-gebaseerde skryfkompetisie gewen het. Yuwinn beskou skryfwerk as \u2019n roeping en glo dat die Kommadagga-slypskool hom gaan help om \u2019n groter gehoor te bereik met kortverhale van uitstekende gehalte.","_en_post_name":"kommadagga-2022","_en_post_excerpt":"","_en_post_title":"Kommadagga 2022: Ontmoet die deelnemers","_af_post_content":"","_af_post_name":"","_af_post_excerpt":"","_af_post_title":"","edit_language":"af","_price":"","_stock":"","_tribe_ticket_header":"","_tribe_default_ticket_provider":"","_ticket_start_date":"","_ticket_end_date":"","_tribe_ticket_show_description":"","_tribe_ticket_show_not_going":false,"_tribe_ticket_use_global_stock":"","_tribe_ticket_global_stock_level":"","_global_stock_mode":"","_global_stock_cap":"","_tribe_rsvp_for_event":"","_tribe_ticket_going_count":"","_tribe_ticket_not_going_count":"","_tribe_tickets_list":"[]","_tribe_ticket_has_attendee_info_fields":false,"footnotes":""},"categories":[2],"tags":[],"class_list":{"0":"post-5558","1":"post","2":"type-post","3":"status-publish","4":"format-standard","6":"category-news-photos","7":"czr-hentry"},"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5558","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5558"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5558\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":5561,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5558\/revisions\/5561"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5558"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5558"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5558"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}