{"id":3607,"date":"2022-02-12T15:51:27","date_gmt":"2022-02-12T13:51:27","guid":{"rendered":"https:\/\/jgf.org.za\/?p=3607"},"modified":"2022-02-12T15:54:45","modified_gmt":"2022-02-12T13:54:45","slug":"die-jakes-gerwel-stigting-en-pen-afrikaans-se-skrywersresidensie-brei-uit","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/die-jakes-gerwel-stigting-en-pen-afrikaans-se-skrywersresidensie-brei-uit\/","title":{"rendered":"Die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans se Skrywersresidensie brei uit","raw":"Die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans se Skrywersresidensie brei uit"},"content":{"rendered":"<p><strong>Lede van PEN Afrikaans, PEN Nederland en PEN South Africa kan vanjaar aansoek doen vir di\u00e9 maandlange skrywersverblyf<\/strong><\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-852 alignright\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/pa500.jpg\" alt=\"\" width=\"200\" height=\"137\" srcset=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/pa500.jpg 500w, https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/pa500-300x206.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 200px) 100vw, 200px\" \/>Die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans is trots om aan te kondig dat hul gesogte skrywersresidensie, waarvoor opbetaalde lede van PEN Afrikaans die afgelope drie jaar kon aansoek doen, vanjaar ook oop is vir aansoeke van lede van PEN South Africa en PEN Nederland.<\/p>\n<p>Na verwagting sal die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans voortaan elke jaar twee PEN-sentrums nooi om deel te neem en s\u00f3 van hierdie maandlange skrywersverblyf in die Stigting se Paulet Huis op Somerset-Oos \u2019n selfs meer besonderse ervaring te maak.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-3579 alignright\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/02\/PENNederland.png\" alt=\"\" width=\"160\" height=\"184\" srcset=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/02\/PENNederland.png 301w, https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/02\/PENNederland-260x300.png 260w\" sizes=\"auto, (max-width: 160px) 100vw, 160px\" \/>Die doel van hierdie projek is om aan skrywers \u2013 beide opkomend en gevestig \u2013 die geleentheid te bied om vir \u2019n maand lank van hulle daaglikse verpligtinge te ontsnap om voltyds aan hul manuskripte te kan werk. Daar is nie \u2019n mentorskapelement aan die residensie nie en skrywers sal teen hul eie pas skryf en vorder.<\/p>\n<p>Die historiese Paulet Huis met sy sjarmante ouw\u00eareldsheid, ruim kamers en lowergroen tuin bied die ideale geleentheid vir skrywers met die nodige dissipline en motivering om in \u2019n inspirerende omgewing aan hul manuskripte te werk.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-3608 alignright\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/02\/sapen.png\" alt=\"\" width=\"273\" height=\"99\" srcset=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/02\/sapen.png 526w, https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/02\/sapen-300x109.png 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 273px) 100vw, 273px\" \/>\u201cOns is baie opgewonde oor die uitbreiding van \u2019n skrywersresidensie wat tot op datum al wonderlike vrugte afgewerp het. Dit sluit bekroonde digbundels, verruimende kinder- en jeugboeke, memoires en selfs \u2019n album met praatpo\u00ebsie in. Ons sien uit daarna om te sien wat hierdie rondte gaan lewer. Met aansoeke wat vanjaar, soos gebruiklik, van PEN Afrikaans, maar dan ook van PEN Nederland en PEN South Africa ingewag word, is \u2019n diverse groep en stimulerende gesprekke om die etenstafel reeds iets om na uit te sien,\u201d s\u00ea Theo Kemp van die Jakes Gerwel Stigting.<\/p>\n<p>Die Jakes Gerwel Stigting dek die kostes van die skrywers se verblyf vanaf <strong>6 Junie tot 3 Julie 2022, <\/strong>insluitende kostes vir die Internet, skoonmaakdienste, etes (drie maaltye per dag), nasionale retoerkaartjies na Port Elizabeth indien relevant, en vervoer van en na die lughawe.<\/p>\n<p>Die kostes van enige buitelandse reis om die residensie te kan bywoon, is egter nie ingesluit nie. Dit sal \u00f3f vir die aansoeker se eie rekening wees \u00f3f vir di\u00e9 van \u2019n ander ondersteunende instansie wat onderneem om daardie kostes sal dek. Die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans kan geen verantwoordelikheid daarvoor aanvaar nie.<\/p>\n<p>Alle genres sal oorweeg word.<\/p>\n<p>Belangstellende skrywers moet hulle aansoeke teen <strong>18 Maart<\/strong> rig aan Theo Kemp, die uitvoerende direkteur van die Jakes Gerwel Stigting, by <a href=\"mailto:theo@jgf.org.za\">theo@jgf.org.za<\/a>. Skrywers doen aansoek in die taal waarin hul skryf en die aansoek moet bestaan uit:<\/p>\n<ul>\n<li>\u2019n Brief ter motivering van waarom die aansoeker van die residensie gebruik wil maak en bevestiging van lidmaatskap van enigeen van die deelnemende PEN-sentrums, naamlik PEN Afrikaans, PEN Nederland of PEN South Africa.<\/li>\n<li>\u2019n Opsomming van die aansoeker se loopbaan as skrywer. Gepubliseerde skrywers moet \u2019n lys van publikasies insluit, terwyl ongepubliseerde skrywers bestaande skeppende skryfwerk (30 bladsye prosa of 10 bladsye po\u00ebsie) by die aansoek moet insluit.<\/li>\n<li>\u2019n Projekuiteensetting wat aandui waaraan die skrywer tydens die residensie sal werk.<\/li>\n<li>\u2019n Brief van \u2019n uitgewer wat daarin belangstel om die aansoeker se werk uit te gee, sal sterk in die kandidaat se guns tel.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Verteenwoordigers van die Jakes Gerwel Stigting, PEN Afrikaans, PEN South Africa en PEN Nederland sal die aansoeke oorweeg, waarna onderhoude met kortlyskandidate sal plaasvind op <strong>20 April.<\/strong> Die suksesvolle aansoeke sal op <strong>25 April<\/strong> aangekondig word.<\/p>\n<p><strong>Oor die vennote<\/strong><\/p>\n<p>Die Jakes Gerwel Stigting het ten doel om die nalatenskap van wyle prof Jakes Gerwel \u2013 wat uitgeblink het as opvoeder, bevryder, beskermheer van die kunste en sakeman \u2013 deur relevante projekte uit te bou. Die Stigting fokus op die bevordering en bemagtiging van skrywers en wil bydra tot die verryking en verruiming van ons letterkunde. Die Stigting is trots op die vennootskap met PEN Afrikaans, aangesien prof Gerwel passievol was oor Afrikaans en sy diverse moedertaalsprekers.<\/p>\n<p>PEN Afrikaans, PEN Nederland en PEN South Africa is drie van die meer as 140 sentrums van PEN Internasionaal, die w\u00eareld se voorste skrywersvereniging. Dit is \u2019n w\u00eareldwye en polities onverbonde organisasie wat uitdrukkingsvryheid ondersteun en letterkunde bevorder.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees meer oor:<\/strong><\/p>\n<p>PEN Afrikaans by <a href=\"http:\/\/www.penafrikaans.org.za\">www.penafrikaans.org.za<\/a><\/p>\n<p>PEN Nederland by <a href=\"https:\/\/pennederland.nl\/pen-nederland\">https:\/\/pennederland.nl<\/a><\/p>\n<p>PEN South Africa by <a href=\"https:\/\/pensouthafrica.co.za\/\">https:\/\/pensouthafrica.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false,"raw":"<strong>Lede van PEN Afrikaans, PEN Nederland en PEN South Africa kan vanjaar aansoek doen vir di\u00e9 maandlange skrywersverblyf<\/strong>\r\n\r\n<img class=\"wp-image-852 alignright\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/pa500.jpg\" alt=\"\" width=\"200\" height=\"137\" \/>Die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans is trots om aan te kondig dat hul gesogte skrywersresidensie, waarvoor opbetaalde lede van PEN Afrikaans die afgelope drie jaar kon aansoek doen, vanjaar ook oop is vir aansoeke van lede van PEN South Africa en PEN Nederland.\r\n\r\nNa verwagting sal die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans voortaan elke jaar twee PEN-sentrums nooi om deel te neem en s\u00f3 van hierdie maandlange skrywersverblyf in die Stigting se Paulet Huis op Somerset-Oos \u2019n selfs meer besonderse ervaring te maak.\r\n\r\n<img class=\"wp-image-3579 alignright\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/02\/PENNederland.png\" alt=\"\" width=\"160\" height=\"184\" \/>Die doel van hierdie projek is om aan skrywers \u2013 beide opkomend en gevestig \u2013 die geleentheid te bied om vir \u2019n maand lank van hulle daaglikse verpligtinge te ontsnap om voltyds aan hul manuskripte te kan werk. Daar is nie \u2019n mentorskapelement aan die residensie nie en skrywers sal teen hul eie pas skryf en vorder.\r\n\r\nDie historiese Paulet Huis met sy sjarmante ouw\u00eareldsheid, ruim kamers en lowergroen tuin bied die ideale geleentheid vir skrywers met die nodige dissipline en motivering om in \u2019n inspirerende omgewing aan hul manuskripte te werk.\r\n\r\n<img class=\"wp-image-3608 alignright\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/02\/sapen.png\" alt=\"\" width=\"273\" height=\"99\" \/>\u201cOns is baie opgewonde oor die uitbreiding van \u2019n skrywersresidensie wat tot op datum al wonderlike vrugte afgewerp het. Dit sluit bekroonde digbundels, verruimende kinder- en jeugboeke, memoires en selfs \u2019n album met praatpo\u00ebsie in. Ons sien uit daarna om te sien wat hierdie rondte gaan lewer. Met aansoeke wat vanjaar, soos gebruiklik, van PEN Afrikaans, maar dan ook van PEN Nederland en PEN South Africa ingewag word, is \u2019n diverse groep en stimulerende gesprekke om die etenstafel reeds iets om na uit te sien,\u201d s\u00ea Theo Kemp van die Jakes Gerwel Stigting.\r\n\r\nDie Jakes Gerwel Stigting dek die kostes van die skrywers se verblyf vanaf <strong>6 Junie tot 3 Julie 2022, <\/strong>insluitende kostes vir die Internet, skoonmaakdienste, etes (drie maaltye per dag), nasionale retoerkaartjies na Port Elizabeth indien relevant, en vervoer van en na die lughawe.\r\n\r\nDie kostes van enige buitelandse reis om die residensie te kan bywoon, is egter nie ingesluit nie. Dit sal \u00f3f vir die aansoeker se eie rekening wees \u00f3f vir di\u00e9 van \u2019n ander ondersteunende instansie wat onderneem om daardie kostes sal dek. Die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans kan geen verantwoordelikheid daarvoor aanvaar nie.\r\n\r\nAlle genres sal oorweeg word.\r\n\r\nBelangstellende skrywers moet hulle aansoeke teen <strong>18 Maart<\/strong> rig aan Theo Kemp, die uitvoerende direkteur van die Jakes Gerwel Stigting, by <a href=\"mailto:theo@jgf.org.za\">theo@jgf.org.za<\/a>. Skrywers doen aansoek in die taal waarin hul skryf en die aansoek moet bestaan uit:\r\n<ul>\r\n \t<li>\u2019n Brief ter motivering van waarom die aansoeker van die residensie gebruik wil maak en bevestiging van lidmaatskap van enigeen van die deelnemende PEN-sentrums, naamlik PEN Afrikaans, PEN Nederland of PEN South Africa.<\/li>\r\n \t<li>\u2019n Opsomming van die aansoeker se loopbaan as skrywer. Gepubliseerde skrywers moet \u2019n lys van publikasies insluit, terwyl ongepubliseerde skrywers bestaande skeppende skryfwerk (30 bladsye prosa of 10 bladsye po\u00ebsie) by die aansoek moet insluit.<\/li>\r\n \t<li>\u2019n Projekuiteensetting wat aandui waaraan die skrywer tydens die residensie sal werk.<\/li>\r\n \t<li>\u2019n Brief van \u2019n uitgewer wat daarin belangstel om die aansoeker se werk uit te gee, sal sterk in die kandidaat se guns tel.<\/li>\r\n<\/ul>\r\nVerteenwoordigers van die Jakes Gerwel Stigting, PEN Afrikaans, PEN South Africa en PEN Nederland sal die aansoeke oorweeg, waarna onderhoude met kortlyskandidate sal plaasvind op <strong>20 April.<\/strong> Die suksesvolle aansoeke sal op <strong>25 April<\/strong> aangekondig word.\r\n\r\n<strong>Oor die vennote<\/strong>\r\n\r\nDie Jakes Gerwel Stigting het ten doel om die nalatenskap van wyle prof Jakes Gerwel \u2013 wat uitgeblink het as opvoeder, bevryder, beskermheer van die kunste en sakeman \u2013 deur relevante projekte uit te bou. Die Stigting fokus op die bevordering en bemagtiging van skrywers en wil bydra tot die verryking en verruiming van ons letterkunde. Die Stigting is trots op die vennootskap met PEN Afrikaans, aangesien prof Gerwel passievol was oor Afrikaans en sy diverse moedertaalsprekers.\r\n\r\nPEN Afrikaans, PEN Nederland en PEN South Africa is drie van die meer as 140 sentrums van PEN Internasionaal, die w\u00eareld se voorste skrywersvereniging. Dit is \u2019n w\u00eareldwye en polities onverbonde organisasie wat uitdrukkingsvryheid ondersteun en letterkunde bevorder.\r\n\r\n&nbsp;\r\n\r\n<strong>Lees meer oor:<\/strong>\r\n\r\nPEN Afrikaans by <a href=\"http:\/\/www.penafrikaans.org.za\">www.penafrikaans.org.za<\/a>\r\n\r\nPEN Nederland by <a href=\"https:\/\/pennederland.nl\/pen-nederland\">https:\/\/pennederland.nl<\/a>\r\n\r\nPEN South Africa by <a href=\"https:\/\/pensouthafrica.co.za\/\">https:\/\/pensouthafrica.co.za<\/a>"},"excerpt":{"rendered":"","protected":false,"raw":""},"author":2,"featured_media":876,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_en_post_content":"<strong>Members of PEN Afrikaans, PEN Nederland and PEN South Africa are invited to apply for this month-long writers\u2019 residency<\/strong>\r\n\r\n<img class=\" wp-image-852 alignright\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/pa500.jpg\" alt=\"\" width=\"200\" height=\"137\" \/>The Jakes Gerwel Foundation and PEN Afrikaans are proud to announce that their sought-after writer\u2019s residency, for which paid-up members of PEN Afrikaans could apply these last three years, is now also open for applications from members of PEN South Africa and PEN Nederland.\r\n\r\nThe Jakes Gerwel Foundation and PEN Afrikaans plan to invite two PEN centres to participate every two years so as to transform this month-long writers\u2019 residency in the Foundation\u2019s Paulet House in Somerset East into an even more special experience.\r\n\r\n<img class=\"wp-image-3579 alignright\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/02\/PENNederland.png\" alt=\"\" width=\"150\" height=\"195\" \/>The goal of this project is to give writers \u2013 upcoming or established \u2013 the chance to escape\r\n\r\ntheir daily responsibilities and work full-time on their manuscripts. There is no element of mentoring involved in this residency, so writers will write and progress at their own pace.\r\n\r\nThe historic Paulet House with its old-world charm, spacious rooms and luscious green garden offers the ideal opportunity to writers to work on their manuscripts in an inspiring environment.\r\n\r\n<img class=\"wp-image-3608 alignright\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/02\/sapen.png\" alt=\"\" width=\"314\" height=\"114\" \/>We are very excited about the expansion of a writers\u2019 residency that has thus far been wonderfully productive. The fruits of the residency include award-winning poetry, literature for children and youth that opens up worlds, a memoir and even an album of spoken poetry. We are looking forward to seeing what this round is going to deliver. Since this year\u2019s applications are open for PEN Afrikaans members, as usual, but also for members of PEN Nederland and PEN South Africa, it is certain that a diverse group and stimulating conversations around the dinner table will be the order of the day,\u2019 said Theo Kemp of the Jakes Gerwel Foundation.\r\n\r\nThe Jakes Gerwel Foundation will cover all the writers\u2019 accommodation from <strong>6 June to 3 July 2022, <\/strong>inclusive of costs for the Internet, cleaning services, meals, and, if needed, national return tickets to Port Elizabeth as well as transport from and to the airport.\r\n\r\nThe costs of any overseas trip to attend the residency is, however, excluded (these costs will be borne either by the applicant or another supporting institution.\r\n\r\nAll genres will be considered.\r\n\r\nInterested applicants may send their applications to Theo Kemp, the executive director of the Jakes Gerwel Foundation, at <a href=\"mailto:theo@jgf.org.za\">theo@jgf.org.za<\/a> by <strong>18 March 2022<\/strong>. Writers may apply in the language in which they write and the application must comprise the following:\r\n<ul>\r\n \t<li>A letter of motivation explaining why the applicant wants to make use of the residency as well as a confirmation of membership of the relevant participating PEN centre: PEN Afrikaans, PEN Nederland or PEN South Africa.<\/li>\r\n \t<li>A resume of the applicant\u2019s writing career. Published writers must include a list of publications, while unpublished writers must include creative writing (30 pages of prose writing or 10 pages of poetry).<\/li>\r\n \t<li>A project outline of what the writer will be working on during the residency.<\/li>\r\n \t<li>A letter from a publisher interested in publishing the applicant\u2019s work will count strongly in favour of the candidate.<\/li>\r\n \t<li>Applicants must demonstrate that they intend to use the residency productively and that they understand and will contribute to the collegiate and respectful atmosphere of Paulet House.<\/li>\r\n<\/ul>\r\nRepresentatives of the Jakes Gerwel Foundation, PEN Afrikaans, PEN South Africa and PEN Nederland will review the applications. Interviews with shortlisted candidates will take place on <strong>20 April.<\/strong> The successful applications will be announced on <strong>25 April<\/strong>.\r\n\r\n<strong>About the partners<\/strong>\r\n\r\nThe Jakes Gerwel Foundation aims at building out the legacy of the late Prof. Jakes Gerwel \u2013 who excelled as educator, liberator, patron of the arts and business person \u2013 with relevant projects. The Foundation focuses on the promotion and empowerment of writers and wants to contribute to the expansion and enrichment of the South African body of literature. The Foundation is proud of their partnership with PEN Afrikaans, especially because Prof. Gerwel was passionate about Afrikaans and the diversity of the people whose mother tongue it is.\r\n\r\nPEN Afrikaans, PEN Nederland and PEN South Africa are three of the more than 140 centres of PEN International, the world\u2019s foremost writers\u2019 association. It is an international human rights organisation that supports freedom of expression, promotes literature and protects writers.\r\n\r\n&nbsp;\r\n\r\n<strong>Read more about:<\/strong>\r\n\r\nPEN Afrikaans at <a href=\"http:\/\/www.penafrikaans.org.za\">www.penafrikaans.org.za<\/a>\r\n\r\nPEN Nederland at <a href=\"https:\/\/pennederland.nl\/pen-nederland\">https:\/\/pennederland.nl<\/a>\r\n\r\nPEN South Africa at <a href=\"https:\/\/pensouthafrica.co.za\/\">https:\/\/pensouthafrica.co.za<\/a>","_en_post_name":"the-writers-residency-of-the-jakes-gerwel-foundation-and-pen-afrikaans-is-expanding","_en_post_excerpt":"","_en_post_title":"The Writers\u2019 Residency of the Jakes Gerwel Foundation and PEN Afrikaans is expanding","_af_post_content":"<strong>Lede van PEN Afrikaans, PEN Nederland en PEN South Africa kan vanjaar aansoek doen vir di\u00e9 maandlange skrywersverblyf<\/strong>\r\n\r\n<img class=\"wp-image-852 alignright\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/pa500.jpg\" alt=\"\" width=\"200\" height=\"137\" \/>Die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans is trots om aan te kondig dat hul gesogte skrywersresidensie, waarvoor opbetaalde lede van PEN Afrikaans die afgelope drie jaar kon aansoek doen, vanjaar ook oop is vir aansoeke van lede van PEN South Africa en PEN Nederland.\r\n\r\nNa verwagting sal die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans voortaan elke jaar twee PEN-sentrums nooi om deel te neem en s\u00f3 van hierdie maandlange skrywersverblyf in die Stigting se Paulet Huis op Somerset-Oos \u2019n selfs meer besonderse ervaring te maak.\r\n\r\n<img class=\"wp-image-3579 alignright\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/02\/PENNederland.png\" alt=\"\" width=\"160\" height=\"184\" \/>Die doel van hierdie projek is om aan skrywers \u2013 beide opkomend en gevestig \u2013 die geleentheid te bied om vir \u2019n maand lank van hulle daaglikse verpligtinge te ontsnap om voltyds aan hul manuskripte te kan werk. Daar is nie \u2019n mentorskapelement aan die residensie nie en skrywers sal teen hul eie pas skryf en vorder.\r\n\r\nDie historiese Paulet Huis met sy sjarmante ouw\u00eareldsheid, ruim kamers en lowergroen tuin bied die ideale geleentheid vir skrywers met die nodige dissipline en motivering om in \u2019n inspirerende omgewing aan hul manuskripte te werk.\r\n\r\n<img class=\"wp-image-3608 alignright\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/02\/sapen.png\" alt=\"\" width=\"273\" height=\"99\" \/>\u201cOns is baie opgewonde oor die uitbreiding van \u2019n skrywersresidensie wat tot op datum al wonderlike vrugte afgewerp het. Dit sluit bekroonde digbundels, verruimende kinder- en jeugboeke, memoires en selfs \u2019n album met praatpo\u00ebsie in. Ons sien uit daarna om te sien wat hierdie rondte gaan lewer. Met aansoeke wat vanjaar, soos gebruiklik, van PEN Afrikaans, maar dan ook van PEN Nederland en PEN South Africa ingewag word, is \u2019n diverse groep en stimulerende gesprekke om die etenstafel reeds iets om na uit te sien,\u201d s\u00ea Theo Kemp van die Jakes Gerwel Stigting.\r\n\r\nDie Jakes Gerwel Stigting dek die kostes van die skrywers se verblyf vanaf <strong>6 Junie tot 3 Julie 2022, <\/strong>insluitende kostes vir die Internet, skoonmaakdienste, etes (drie maaltye per dag), nasionale retoerkaartjies na Port Elizabeth indien relevant, en vervoer van en na die lughawe.\r\n\r\nDie kostes van enige buitelandse reis om die residensie te kan bywoon, is egter nie ingesluit nie. Dit sal \u00f3f vir die aansoeker se eie rekening wees \u00f3f vir di\u00e9 van \u2019n ander ondersteunende instansie wat onderneem om daardie kostes sal dek. Die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans kan geen verantwoordelikheid daarvoor aanvaar nie.\r\n\r\nAlle genres sal oorweeg word.\r\n\r\nBelangstellende skrywers moet hulle aansoeke teen <strong>18 Maart<\/strong> rig aan Theo Kemp, die uitvoerende direkteur van die Jakes Gerwel Stigting, by <a href=\"mailto:theo@jgf.org.za\">theo@jgf.org.za<\/a>. Skrywers doen aansoek in die taal waarin hul skryf en die aansoek moet bestaan uit:\r\n<ul>\r\n \t<li>\u2019n Brief ter motivering van waarom die aansoeker van die residensie gebruik wil maak en bevestiging van lidmaatskap van enigeen van die deelnemende PEN-sentrums, naamlik PEN Afrikaans, PEN Nederland of PEN South Africa.<\/li>\r\n \t<li>\u2019n Opsomming van die aansoeker se loopbaan as skrywer. Gepubliseerde skrywers moet \u2019n lys van publikasies insluit, terwyl ongepubliseerde skrywers bestaande skeppende skryfwerk (30 bladsye prosa of 10 bladsye po\u00ebsie) by die aansoek moet insluit.<\/li>\r\n \t<li>\u2019n Projekuiteensetting wat aandui waaraan die skrywer tydens die residensie sal werk.<\/li>\r\n \t<li>\u2019n Brief van \u2019n uitgewer wat daarin belangstel om die aansoeker se werk uit te gee, sal sterk in die kandidaat se guns tel.<\/li>\r\n<\/ul>\r\nVerteenwoordigers van die Jakes Gerwel Stigting, PEN Afrikaans, PEN South Africa en PEN Nederland sal die aansoeke oorweeg, waarna onderhoude met kortlyskandidate sal plaasvind op <strong>20 April.<\/strong> Die suksesvolle aansoeke sal op <strong>25 April<\/strong> aangekondig word.\r\n\r\n<strong>Oor die vennote<\/strong>\r\n\r\nDie Jakes Gerwel Stigting het ten doel om die nalatenskap van wyle prof Jakes Gerwel \u2013 wat uitgeblink het as opvoeder, bevryder, beskermheer van die kunste en sakeman \u2013 deur relevante projekte uit te bou. Die Stigting fokus op die bevordering en bemagtiging van skrywers en wil bydra tot die verryking en verruiming van ons letterkunde. Die Stigting is trots op die vennootskap met PEN Afrikaans, aangesien prof Gerwel passievol was oor Afrikaans en sy diverse moedertaalsprekers.\r\n\r\nPEN Afrikaans, PEN Nederland en PEN South Africa is drie van die meer as 140 sentrums van PEN Internasionaal, die w\u00eareld se voorste skrywersvereniging. Dit is \u2019n w\u00eareldwye en polities onverbonde organisasie wat uitdrukkingsvryheid ondersteun en letterkunde bevorder.\r\n\r\n&nbsp;\r\n\r\n<strong>Lees meer oor:<\/strong>\r\n\r\nPEN Afrikaans by <a href=\"http:\/\/www.penafrikaans.org.za\">www.penafrikaans.org.za<\/a>\r\n\r\nPEN Nederland by <a href=\"https:\/\/pennederland.nl\/pen-nederland\">https:\/\/pennederland.nl<\/a>\r\n\r\nPEN South Africa by <a href=\"https:\/\/pensouthafrica.co.za\/\">https:\/\/pensouthafrica.co.za<\/a>","_af_post_name":"die-jakes-gerwel-stigting-en-pen-afrikaans-se-skrywersresidensie-brei-uit","_af_post_excerpt":"","_af_post_title":"Die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans se Skrywersresidensie brei uit","edit_language":"af","_price":"","_stock":"","_tribe_ticket_header":"","_tribe_default_ticket_provider":"","_ticket_start_date":"","_ticket_end_date":"","_tribe_ticket_show_description":"","_tribe_ticket_show_not_going":false,"_tribe_ticket_use_global_stock":"","_tribe_ticket_global_stock_level":"","_global_stock_mode":"","_global_stock_cap":"","_tribe_rsvp_for_event":"","_tribe_ticket_going_count":"","_tribe_ticket_not_going_count":"","_tribe_tickets_list":"[]","_tribe_ticket_has_attendee_info_fields":false,"footnotes":""},"categories":[2],"tags":[],"class_list":{"0":"post-3607","1":"post","2":"type-post","3":"status-publish","4":"format-standard","5":"has-post-thumbnail","7":"category-news-photos","8":"czr-hentry"},"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3607","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3607"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3607\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":3611,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3607\/revisions\/3611"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/876"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3607"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3607"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3607"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}