{"id":2909,"date":"2021-09-15T09:46:52","date_gmt":"2021-09-15T07:46:52","guid":{"rendered":"https:\/\/jgf.org.za\/?p=2909"},"modified":"2021-09-15T09:49:00","modified_gmt":"2021-09-15T07:49:00","slug":"","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/derde-golf-gedigte-uit-somerset-oos\/","title":{"rendered":"","raw":""},"content":{"rendered":"","protected":false,"raw":""},"excerpt":{"rendered":"","protected":false,"raw":""},"author":2,"featured_media":2910,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_en_post_content":"<em><img class=\"alignnone size-full wp-image-2910\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2021\/09\/Derde-Golf-1.jpg\" alt=\"\" width=\"600\" height=\"600\" \/><\/em>\r\n\r\n<em>\u2019n Album met gedigte deur Mercy Kannemeyer, Salvia Ockhuis, Valda Jansen, Lydia Gittens en Andries Bezuidenhout, opname en musiek deur Andries Bezuidenhout<\/em>\r\n\r\n<em>Vrygestel deur die Jakes Gerwel-stigting en PEN Afrikaans<\/em>\r\n\r\n<em>Vanaf 30 September 2021 beskikbaar op YouTube, Apple Music, iTunes, Spotify, Deezer, Amazon, Tidal, ens.<\/em>\r\n\r\n<a href=\"https:\/\/distrokid.com\/hyperfollow\/somersetoossessies\/derde-golf\">https:\/\/distrokid.com\/hyperfollow\/somersetoossessies\/derde-golf<\/a>\r\n\r\n<img class=\"alignnone size-full wp-image-2915\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2021\/09\/Derde-Golf-3.jpg\" alt=\"\" width=\"1000\" height=\"563\" \/>\r\n\r\n<strong>Agtergrond<\/strong>\r\n\r\nSes skrywers, waarvan vyf gedigte ook skryf, woon vir \u2019n maand in \u2019n twee-eeu-oue huis in een van die Oos-Kaap se historiese dorpe, oftewel Somerset-Oos. D\u00edt te midde van \u2019n grendeltoestand en aandklokre\u00ebl as teenvoeter vir die derde vlaag Covid-19-infeksies. \u2019n Voormalige president word tronk toe gestuur, vir drie dae brand winkelsentrums en fabrieke. Die inwoners probeer om op hul skryfwerk te fokus \u2013 \u2019n roman, kortverhaalbundels, \u2019n jeugroman, \u2019n digbundel \u2013 maar wonder ook oor wat rondom hul aangaan.\r\n\r\nGesprekke oor aandete, oor skryf, oor als wat besig is om te gebeur. Hulle gaan gemeenskapsentrum toe om inge\u00ebnt te word, gaan stap gemasker deur die dorp. Meestal skryf hulle in hul kamers. \u2019n Idee begin posvat, die moontlikheid van gedigte opneem, dalk saam met musiek. Aanvanklike twyfel en irritasie, maar dan meld gedigte aan. Nuwe gedigte word geskryf, ou gedigte word uit die argief gehaal. In die versameling gedigte word iets van die tydgreep waarin hul hulself bevind weerspie\u00ebl, maar ook iets om hul tyd saam mee te onthou.\r\n\r\nBinne die bestek van \u2019n maand word sestien gedigte opgeneem en musikaal verwerk \u2013 die resultaat is \u2019n album getiteld <em>Derde golf<\/em>. Die album is in \u2019n ruimte opgeneem waar mense al van 1827 (so ver vasgestel kan word) af woon. Daar word vertel van spoke wat deur die huis dwaal, van daar die verwysing in Valda Jansen se gedig na spoke wat van gedaante verwissel. Die sestien gedigte op die album is soms liries, soms ernstig, soms snaaks, soms kwaad, maar bowenal probeer hulle om spoke te besweer.\r\n\r\n<img class=\"alignnone size-full wp-image-2914\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2021\/09\/Derde-Golf-6.jpg\" alt=\"\" width=\"1000\" height=\"563\" \/>\r\n\r\n<strong>Digterlike temas<\/strong>\r\n\r\n\u2019n Deurlopende tema is die spanning tussen beskermde binneruimtes en die w\u00eareld daar buite. Mercy Kannemeyer praat oor die intieme ruimte van liefde, maar ook oor hoe ons vanuit ons binnekamers met die w\u00eareld deur middel van sosiale media omgaan \u2013 sy skryf oor Facebook, Twitter en Instagram. Sy spot en lag, maar onder die spot draai \u2019n ernstiger duiwel rond. S\u00f3 ook met haar gedig oor feminisme \u2013 derde golf feminisme of andersins \u2013 \u2019n gespot met erns, maar ernstige spot.\r\n\r\nSommige van die gedigte praat direk oor die Covid pandemie, soos Salvia Ockhuis se gedig oor \u2019n familielid wat in \u2019n hospitaalbed aan die lewe probeer bly, aan \u2019n respirator gekoppel. Een van haar ander gedigte \u2013 komende van \u2019n verpleegster \u2013 is \u2019n huldeblyk aan kollegas wat op die voorpunt van die linies die pandemie moet terughou.\r\n\r\nValda Jansen se gedig is op Somerset-Oos geskryf en handel oor \u2019n wandeling deur die dorp met die plaaslike apteek as bestemming. Die dorp se stil, rustige atmosfeer word teenoor \u2019n doodgewone maar traumatiese insident opgestel om iets van daardie spanning tussen ons intieme ruimtes en die w\u00eareld daar buite vas te vang. Engele en spoke praat met die psigiese ervaring van daardie spanning, waarvan ons op \u2019n manier sin moet probeer maak.\r\n\r\nLydia Gittens se twee gedigte is ook tydens haar verblyf in Somerset-Oos geskryf. Een handel oor die jeugroman waaraan sy werk, \u2019n hermetiese en bondige opsomming van die boek wat besig is om op haar rekenaar vorm aan te neem. Die ander handel oor \u2019n kerkgebou in Somerset-Oos, naby aan die Paulet-huis, met \u2019n \u201cReg van toegang voorbehou\u201d kennisgewing bo die deur. Inperking neem baie vorms aan.\r\n\r\nAndries Bezuidenhout herinner homself aan tye toe \u2019n mens kon reis \u2013 \u2019n gedig oor \u2019n treinrit in Duitsland, \u2019n ander oor liefdesbriewe op lughawens. Een van sy gedigte is tydens \u2019n rockfees geskryf (die idee van soveel mense op een plek nou \u2019n vae herinnering) en praat oor vo\u00ebls, bome, klippe en die mens se onvermo\u00eb om te midde van harde musiek te hoor wat hulle aan ons probeer s\u00ea.\r\n\r\n<img class=\"alignnone size-full wp-image-2911\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2021\/09\/Derde-Golf-2.jpg\" alt=\"\" width=\"1000\" height=\"563\" \/>\r\n\r\n<strong>Musiek en klankontwerp<\/strong>\r\n\r\nDie stemme vir die sestien gedigte is in die sitkamer van die Paulet-huis in Somerset-Oos opgeneem. \u201cDis \u2019n pragtige akoestiese ruimte,\u201d verduidelik Andries, \u201cso \u2019n groot vertrek, met houtplafon en vloerplanke, matte en sagte meubels.\u201d Andries het \u2019n tydelike ateljee met mikrofone en ander toerusting in die sitkamer opgestel, die gordyne toegetrek en \u2019n vuur in die kaggel vir atmosfeer en hitte aangesteek. \u201cIn my navorsing oor die meng van klank het ek talle onderhoude met klankingenieurs op YouTube gekyk. Soveel van hulle maak die punt dat \u2019n ateljee \u2019n vriendelike ruimte vir kunstenaars moet wees. Kunstenaars moet gemaklik voel, sodat hulle van die mikrofone en tegnologie vergeet en sodoende eerder op woorde en die emosionele lading wat dit dra kan konsentreer.\u201d\r\n\r\nDie meeste van die gedigte is \u2019n paar keer voorgelees en die beste weergawes is uiteindelik gebruik. Sommige is met \u2019n klankbaan van tromme voorgelees, ander sonder enige musikale beplanning of begeleiding. \u201cVan Mercy se gedigte is skreeusnaaks en mense in die vertrek het begin lag toe sy dit voorlees. Dit was so \u2019n mooi en natuurlike oomblik, dat ek die gelag behou het. Ek dink dit dra by tot die atmosfeer,\u201d s\u00ea Andries.\r\n\r\nMet die musikale verwerkings wou Andries h\u00ea dat die musiek die woorde nie moet oordonder nie, maar eerder die tipe atmosfeer skep wat die inhoud van die gedig onderstreep. Valda Jansen se gedig bevat byvoorbeeld klank uit \u2019n video wat sy tydens een van haar wandelinge deur die dorp op haal selfoon geneem het. \u201cEk was verstom oor die klankkwaliteit,\u201d s\u00ea Andries, \u201cas jy mooi luister hoor jy hoe koeie herkou.\u201d Lydia Gittens se gedig oor die kerk is in \u2019n katedraal geplaas en Andries se gedig oor die Duitse trein bevat klankgrepe wat op \u2019n Duitse trein opgeneem is. \u201cEk wou landskappe of klankskappe maak waarin die woorde tuis kon voel,\u201d s\u00ea Andries.\r\n\r\nWat die instrumentasie betref het Andries die kitaar in sy kamer in Paulet-huis opgeneem en die res is deur middel van digitale sintetiseerders en klankmonsters geprogrammeer.\r\n\r\nOor hierdie proses van gedigte in \u2019n album omskep s\u00ea Mercy Kannemeyer: \u201cDit is vir my besonders cool dat po\u00ebsie in \u2019n ander formaat (soos ons plaat) vasgevang kan word. Ek wil nou nie ons almal se beuels blaas nie, maar dit maak my opgewonde dat ons ons skryfwerk op hierdie manier kan deel, want dit maak (hopelik!) die speelveld vir po\u00ebsie wyer. Jy hoef nie tradisioneel te debuteer nie en iets soos ons plaat maak dit duidelik dat dit heeltemal okay is om net pret te h\u00ea met po\u00ebsie (vir my ten minste). Ek beskou myself glad nie as \u2019n digter nie; ek geniet digkuns en ek geniet dit om te skryf. Boonop voel ek moerse ge\u00eberd om saam met my Paulet-huismaats op \u2019n plaat te verskyn.\u201d\r\n\r\n<img class=\"alignnone size-full wp-image-2913\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2021\/09\/Derde-Golf-4.jpg\" alt=\"\" width=\"1000\" height=\"563\" \/>\r\n\r\n<strong>Bydraers<\/strong>\r\n\r\n<img class=\"alignnone size-full wp-image-2443\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/mercy280_Fotor.jpg\" alt=\"\" width=\"280\" height=\"280\" \/>\r\n\r\nMercy Kannemeyer is \u2019n dokument\u00eare filmmaker, teater regisseur en draaiboekskrywer. Sy woon in Mosselbaai en was in Somerset-Oos om aan \u2019n kortverhaalbundel te werk.\r\n\r\n<img class=\"alignnone size-full wp-image-2441\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/salvia280_Fotor.jpg\" alt=\"\" width=\"280\" height=\"280\" \/>\r\n\r\nSalvia Ockhuis is \u2019n kortverhaalskrywer en digter. Een van haar gedigte het pas die AVBOB-digkunskompetisie se derde prys verower. Sy woon in Malmesbury en was in Somerset-Oos om aan \u2019n bundel kortverhale te werk.\r\n\r\n<img class=\"alignnone size-full wp-image-1690\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/Valda-Jansen280_Fotor.jpg\" alt=\"\" width=\"280\" height=\"280\" \/>\r\n\r\nValda Jansen is \u2019n joernalis, digter en skrywer. Haar roman <em>Hy kom met die skoenlappers<\/em> is met die Jan Rabie-Rapport-prys bekroon. Sy woon in Kaapstad en was in Somerset-Oos om aan \u2019n volgende roman te werk.\r\n\r\n<img class=\"alignnone size-full wp-image-2444\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/lydia280_Fotor.jpg\" alt=\"\" width=\"280\" height=\"280\" \/>\r\n\r\nLydia Gittens het as skrywer kortverhale en liefdesromans gepubliseer. Sy woon in Pretoria en was in Somerset-Oos om aan haar eerste jeugroman te werk.\r\n\r\n<img class=\"alignnone size-full wp-image-2442\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/andries280_Fotor.jpg\" alt=\"\" width=\"280\" height=\"280\" \/>\r\n\r\nAndries Bezuidenhout is \u2019n digter, musikant en skilder. Hy woon in Alice en was in Somerset-Oos om aan \u2019n derde digbundel te werk.\r\n\r\n<strong>Derde golf<\/strong>\r\n\r\n1 \u00b7 Liefde is \u2013 Mercy Kannemeyer\r\n\r\n2 \u00b7 Ode aan ons liefde \u2013 Salvia Ockhuis\r\n\r\n3 \u00b7 Bedags verander die spoke van gedaante \u2013 Valda Jansen\r\n\r\n4 \u00b7 Tra-tra-enigma \u2013 Salvia Ockhuis\r\n\r\n5 \u00b7 Windryer \u2013 Lydia Gittens\r\n\r\n6 \u00b7 My Facebook is nooit toe nie \u2013 Mercy Kannemeyer\r\n\r\n7 \u00b7 Bedinging \u2013 Salvia Ockhuis\r\n\r\n8 \u00b7 Die ware landskap is een van rots \u2013 Andries Bezuidenhout\r\n\r\n9 \u00b7 Twitter \u2013 Mercy Kannemeyer\r\n\r\n10 \u00b7 Pappa \u2013 Salvia Ockhuis\r\n\r\n11 \u00b7 Toegang voorbehou \u2013 Lydia Gittens\r\n\r\n12 \u00b7 Instagram \u2013 Mercy Kannemeyer\r\n\r\n13 \u00b7 Op die trein tussen Kassel en Witzenhausen \u2013 Andries Bezuidenhout\r\n\r\n14 \u00b7 Verpleegster \u2013 Salvia Ockhuis\r\n\r\n15 \u00b7 As ek \u2019n groter feminis was \u2013 Mercy Kannemeyer\r\n\r\n16 \u00b7 Brief huis toe vertraag \u2013 Andries Bezuidenhout\r\n\r\nPublikasie-erkennings: Mercy Kannemeyer se sosiale media gedigte is voorheen in die <em>Penseel<\/em>-digbundel van 2016 gepubliseer. \u201cBedinging\u201d deur Salvia Ockhuis verskyn in <em>Maskers en mure<\/em> (Turksvy Publikasies, 2021) en haar ander gedigte is op LitNet gepubliseer. \u201cBrief huis toe vertraag\u201d deur Andries Bezuidenhout is in <em>Ons Klyntji<\/em> van 2019 gepubliseer.","_en_post_name":"derde-golf-gedigte-uit-somerset-oos","_en_post_excerpt":"","_en_post_title":"Derde golf: Gedigte uit Somerset-Oos","_af_post_content":"","_af_post_name":"","_af_post_excerpt":"","_af_post_title":"","edit_language":"af","_price":"","_stock":"","_tribe_ticket_header":"","_tribe_default_ticket_provider":"","_ticket_start_date":"","_ticket_end_date":"","_tribe_ticket_show_description":"","_tribe_ticket_show_not_going":false,"_tribe_ticket_use_global_stock":"","_tribe_ticket_global_stock_level":"","_global_stock_mode":"","_global_stock_cap":"","_tribe_rsvp_for_event":"","_tribe_ticket_going_count":"","_tribe_ticket_not_going_count":"","_tribe_tickets_list":"[]","_tribe_ticket_has_attendee_info_fields":false,"footnotes":""},"categories":[2],"tags":[],"class_list":{"0":"post-2909","1":"post","2":"type-post","3":"status-publish","4":"format-standard","5":"has-post-thumbnail","7":"category-news-photos","8":"czr-hentry"},"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2909","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=2909"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2909\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2926,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2909\/revisions\/2926"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/2910"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2909"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=2909"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2909"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}