{"id":2679,"date":"2021-08-09T16:45:26","date_gmt":"2021-08-09T14:45:26","guid":{"rendered":"https:\/\/jgf.org.za\/?p=2679"},"modified":"2021-08-14T10:15:23","modified_gmt":"2021-08-14T08:15:23","slug":"","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/skrywersresidensie-persoonlike-refleksie-lydia-gittens\/","title":{"rendered":"","raw":""},"content":{"rendered":"","protected":false,"raw":""},"excerpt":{"rendered":"","protected":false,"raw":""},"author":2,"featured_media":1426,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_en_post_content":"<img class=\"alignnone size-full wp-image-2444\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/lydia280_Fotor.jpg\" alt=\"\" width=\"280\" height=\"280\" \/>\r\n\r\nVandag is die laaste dag van my skrywersresidensie in die Paulet-huis in Somerset-Oos en as sulkus glo ek die ideale dag om bietjie refleksie te doen van my tyd hier. Ek wil dit doen na aanleiding van \u2019n paar vrae wat vriende en kennisse my in die afgelope ruk gevra het.\r\n\r\n<strong>Was dit die moeite werd gewees?<\/strong>\r\n\r\nEk was vir \u2019n maand uit my \u2018normale\u2019 omstandighede in hier borrel geplaas. \u2019n Plek waar ons net gelees en gehoor het van die onlangse onluste en KwaZulu Natal en Gauteng. Waar Covid skielik genadiglik ver van jou af voel. Vir my was dit beslis die moeite werd gewees. Met laas jaar se aanvang en verloop van die pandemie was daar asof iets in my doodgaan. Ek kon nie meer skryf nie. My siel het verlang om te skryf maar die res van my kon eenvoudig dit nie doen nie. Die wegkom van alles, te same met die ongelooflike voorreg om net te kan fokus op skryf het daardie vonkie hier binne my weer laat vlam vat.\r\n\r\n<strong>Het jy die ideale wat jy vir jouself voor die aanvang van die skrywersresidensie uitgestip het, bereik?<\/strong>\r\n\r\nJa en meer. My droom was om die jeugverhaal wat in my kop was en waaraan ek al heelwat navorsing gedoen het te kon uitskryf. Ek het. Ek het nou \u2019n volledige \u2018draft\u2019 waarmee ek huis toe gaan en waaraan ek kan gaan skaaf. Daarmee saam het ek ook twee kort gedigte en een kinderverhaal geskryf. Die lekkerte van die kinderverhaal was dat een van my Mede skrywers hier in die Paulet-huis, vir my die illustrasies gedoen het. Ek het dit reeds ingestuur vir \u2019n skryf-kompetisie.\r\n\r\n<strong>Wat was vir jou die grootste lesse tydens jou verblyf gewees?<\/strong>\r\n\r\nOns was ses mense van \u2019n verskeidenheid kulture en rasse wat vir \u2019n maand saam moes woon. Ek het geleer om werklik te luister. Dit was eindelik \u2019n skok om te besef hoe diep gewortel my vooroordele is. Ek moes leer om my w\u00eareld beskouing weer in o\u00ebnskou te neem. Myself uit te daag oor die goed wat ek glo en dink. Die Engelse het \u2019n baie mooi manier wat hulle dit stel:<em> Just because it\u2019s different doesn\u2019t make<\/em> <em>it wrong.<\/em>\r\n\r\n<strong>Wat was vir jou die lekkerste gewees?<\/strong>\r\n\r\nHier het ek sommer \u2019n lys ding: A) Ons is drie maal elke dag deur Gilbert getrakteer op die lekkerste etes denkbaar. B )My wasgoed is drie maal per week vir my gewas. C) Die soms lawe en ander kere diep gesprekke saans om die kaggelvuur. D) Ons besoeke aan Graaf Reinette, Bosberg se waterval en Somerset Oos se onmiddellike omgewing. E) Om elke dag heeldag net te kan skryf.\r\n\r\n<strong>Wat vat jy saam met jou terug Pretoria \/ die normale lewe toe?<\/strong>\r\n\r\nBaie goeie herinneringe. Maar meer belangrik die dissipline om elke dag te skryf. Ek gaan ongelukkig nie meer die luuksheid h\u00ea om heeldag elke dag te skryf nie. Maar as daar een ding is wat ek hier geleer en ingeoefen het, was dit: Moenie wag vir die mistiese muse nie. Skryf! Skryf elke dag. Dit hou die vonk en droom van skryf aan die lewe. En as bonus daag jouself uit daar is pret in ander genres soos po\u00ebsie en kinderverhale.","_en_post_name":"skrywersresidensie-persoonlike-refleksie-lydia-gittens","_en_post_excerpt":"","_en_post_title":"Skrywersresidensie: Persoonlike refleksie \u2013 Lydia Gittens","_af_post_content":"","_af_post_name":"","_af_post_excerpt":"","_af_post_title":"","edit_language":"af","_price":"","_stock":"","_tribe_ticket_header":"","_tribe_default_ticket_provider":"","_ticket_start_date":"","_ticket_end_date":"","_tribe_ticket_show_description":"","_tribe_ticket_show_not_going":false,"_tribe_ticket_use_global_stock":"","_tribe_ticket_global_stock_level":"","_global_stock_mode":"","_global_stock_cap":"","_tribe_rsvp_for_event":"","_tribe_ticket_going_count":"","_tribe_ticket_not_going_count":"","_tribe_tickets_list":"[]","_tribe_ticket_has_attendee_info_fields":false,"footnotes":""},"categories":[2],"tags":[],"class_list":{"0":"post-2679","1":"post","2":"type-post","3":"status-publish","4":"format-standard","5":"has-post-thumbnail","7":"category-news-photos","8":"czr-hentry"},"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2679","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=2679"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2679\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2717,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2679\/revisions\/2717"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1426"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2679"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=2679"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2679"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}