{"id":2668,"date":"2021-08-09T16:22:50","date_gmt":"2021-08-09T14:22:50","guid":{"rendered":"https:\/\/jgf.org.za\/?p=2668"},"modified":"2021-08-09T16:22:50","modified_gmt":"2021-08-09T14:22:50","slug":"","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/stadige-verandering-eensklaps-verstaan-andries-bezuidenhout\/","title":{"rendered":"","raw":""},"content":{"rendered":"","protected":false,"raw":""},"excerpt":{"rendered":"","protected":false,"raw":""},"author":2,"featured_media":2677,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_en_post_content":"<em>Elders in die land brand mense fabrieke en winkelsentrums af, dra yskaste, bioskoopgrootte-televisieskerms en blikkieskos weg. Maar op \u2019n stil wintersoggend in Somerset-Oos voel dit soms asof die tyd stilstaan, skryf ANDRIES BEZUIDENHOUT.<\/em>\r\n\r\n[caption id=\"attachment_2676\" align=\"alignnone\" width=\"1000\"]<img class=\"size-full wp-image-2676\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/Foto-1AndriesBezuidenhout.jpg\" alt=\"\" width=\"1000\" height=\"563\" \/> Aalwyne tussen Somerset-Oos en Pearston, net na die pas oor Bruintjieshoogte[\/caption]\r\n\r\nHIER in di\u00e9 Oos-Kaapse dorpie is daar geen teken van onluste of brande nie. Ek en vyf ander skrywers woon vir \u2019n maand in die Jakes Gerwel-stigting se Paulet-huis om aan gedigte, kortverhale of romans te werk.\r\n\r\nDie huis waarin ons tydelik woon, staan al amper twee eeue lank hier. Dis vreemd om so aan hierdie vertrekke te dink, dat mense al vir s\u00f3 lank hier op en af beweeg, op hierdie einste vloerplanke rondloop. Ek wonder oor vorige inwoners en oor al die skrywers wat al hier was. \u2019n Hele paar romans en digbundels is al hier geskryf en die digter Ryan Pedro se debuutbundel is juis pas weer met n\u00f3g \u2019n liter\u00eare prys bekroon.\r\n\r\nVerlede week is di\u00e9 van ons wat kwalifiseer na die gemeenskapsaal toe om teen Covid-19 inge\u00ebnt te word. Soos elders in die land het als seepglad geloop. Vinnig, vriendelik, professioneel, soos dit veronderstel is om te moet werk.\r\n\r\n[caption id=\"attachment_2670\" align=\"alignnone\" width=\"1000\"]<img class=\"size-full wp-image-2670\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/Foto-2AndriesBezuidenhout.jpg\" alt=\"\" width=\"1000\" height=\"563\" \/> Paulet-huis, die Jakes Gerwel-stigting se skrywershuis op Somerset-Oos[\/caption]\r\n\r\n[caption id=\"attachment_2671\" align=\"alignnone\" width=\"1000\"]<img class=\"wp-image-2671 size-full\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/Foto-3AndriesBezuidenhout.jpg\" alt=\"\" width=\"1000\" height=\"563\" \/> Paulet-huis se sitkamer[\/caption]\r\n\r\nIn die dag sit ons in ons kamers en skryf. In die aand gesels ons tydens aandete oor praktiese probleme rondom skryfwerk. Soms praat ons sommer net, want skrywers hou van stories vertel. Of so beweer ons. Dit voel vreemd om hier in ons kokon te sit en skryf. So afgesny van als wat in die land en die w\u00eareld gebeur. Maar dis mos die punt van s\u00f3 \u2019n geleentheid \u2013 om vir \u2019n tyd lank die rem te trap, stadiger te stap, mooi te kyk, na te dink.\r\n\r\nVanoggend stap ek juis deur die ou deel van die dorp en wonder oor wat ek met die digbundel waaraan ek werk moet aanvang. Ek het die manuskrip reeds uitgedruk en sit nou en karring daaraan \u2013 krap uit, trek dood, haal deur, skryf soms met \u2019n potlood by.\r\n\r\n[caption id=\"attachment_2672\" align=\"alignnone\" width=\"1000\"]<img class=\"size-full wp-image-2672\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/Foto-4AndriesBezuidenhout.jpg\" alt=\"\" width=\"1000\" height=\"563\" \/> Die Walter Battiss-galery[\/caption]\r\n\r\n<strong>Digkuns: pretensieus, irrelevant en eerlik<\/strong>\r\n\r\nDigkuns is waarskynlik die mees pretensieuse van al die letterkundige genres. Dit het ook \u2019n piepklein en uiters kieskeurige lesersgehoor. Wat in die digkuns aangaan, het waarskynlik absoluut geen relevansie vir enigiemand buite die dampkring nie. Dis soos \u2019n tydvak buite tyd, \u2019n plek wat los staan van die ruimte daar buite.\r\n\r\nDis dalk hoekom ek so daarvan hou \u2013 ten spyte van die pretensie en irrelevansie, is dit dalk j\u00fais eerlik. The stakes are so low, the process so slow. My digbundel is op \u2019n moeilike plek. Dis min of meer klaar, dink ek, maar nou begin die twyfel. Soms help dit om die bladsye eenkant te laat l\u00ea en \u2019n ent te gaan stap.\r\n\r\nSo half ingedagte groet ek \u2019n ou man wat blare in sy tuin se oprit wegvee. \u201cMolo Tata,\u201d s\u00ea ek van agter my masker en sonbril. Vandat ek in Alice woon, het ek geleer om mense op straat te groet, maar dit voel steeds vreemd om dit so van agter \u2019n masker te doen.\r\n\r\nDie man groet vriendelik terug. Hy dra nie \u2019n masker nie, hy is immers in sy eie tuin. Hy merk in Engels op dat mense in stede sekere beginsels afgeleer het, dis hoekom hulle daar so siek word. Hulle woon te naby aan mekaar. Hy leun op sy besemsteel en beduie in die Boschberg se rigting. Hier haal die bome nog vir ons asem, s\u00ea hy.\r\n\r\nEk hou op stap, stel myself voor. \u201cAh, the Bezuidenhouts, the Prinsloos,\u201d s\u00ea hy toe hy my naam hoor, \u201cdo you know their history?\u201d\r\n\r\n\u201cIndeed, I do,\u201d s\u00ea ek. Ons gesels oor die houtbalk in die plaaslike museum waaraan vyf van die terdoodveroordeelde Slagtersnek-rebelle destyds opgehang is.\r\n\r\nEk noem dat ek van Alice af kom en vertel van die skryfresidensie. Hy\u2019t vir Jakes Gerwel geken, s\u00ea die ou man met die besem. Hy\u2019t in die vroeg-80\u2019s aan die Universiteit van Fort Hare studeer, Engelse letterkunde, en hy skryf steeds gedigte.\r\n\r\nEk vra hom daaroor uit en hy gaan haal \u2019n paar van die gedigte. Dis uitgedruk, met potloodhale soos hy besig is om daaraan te redigeer. Donker gedigte, oor die naderende dood, oor God en Godverlatenheid.\r\n\r\nStaan die tyd vir hom ook stil? Of voel hy nou, aan die einde van sy lewe, dat dit te vinnig verbygaan?\r\n\r\n[caption id=\"attachment_2673\" align=\"alignnone\" width=\"1000\"]<img class=\"wp-image-2673 size-full\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/Foto-5AndriesBezuidenhout.jpg\" alt=\"\" width=\"1000\" height=\"563\" \/> Kerkgebou oorkant die pad, nou die eiendom van die APK[\/caption]\r\n\r\n<strong>Khoe en San, Prinsloo en Pringle<\/strong>\r\n\r\nSomerset-Oos is een van die Oos-Kaap se oudste dorpe, met van die mooiste en bes bewaarde historiese argitektuur.\r\n\r\nDie eerste bewoners van die area was natuurlik die Khoe en die San, maar in die laat-1700\u2019s het koloniale trekboere in die area inbeweeg. In 1771 het Willem Prinsloo \u2019n plaas aan die voet van die Boschberg gevestig.\r\n\r\nPrinsloo het later verder die binneland in getrek. Hy sou Frederik Bezuidenhout se buurman word, die einste Bezuidenhout wat in 1815 deur die pandoers doodgeskiet is toe hy geweier het om in die landdroshof op Graaff-Reinet te verskyn.\r\n\r\nDie Bezuidenhouts is uiteindelik uit die distrik verban en die verlate plaas is aan Thomas Pringle toegeken. Prinsloo het die Pringles help vestig op hul nuwe plaas. Ons lyn Oos-Kaapse Bezuidenhouts is afstammelinge van Frederik Bezuidenhout se broer.\r\n\r\nPrinsloo se ou plaas aan die voet van die Boschberg is eindelik deur die Britse koloniale regering as moontlike landbougrond ge\u00efdentifiseer. Die regeringsplaas, aanvanklik as Somerset Farm bekend, is omstreeks 1817 gestig. Dit het \u2019n belangrike bron van tabak, perde en voedsel op die destydse Oosgrens geword \u2013 al drie belangrike bestanddele vir oorlog.\r\n\r\n[caption id=\"attachment_2674\" align=\"alignnone\" width=\"1000\"]<img class=\"wp-image-2674 size-full\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/Foto-6AndriesBezuidenhout.jpg\" alt=\"\" width=\"1000\" height=\"563\" \/> Uitsig oor Somerset-Oos vanaf die berg se kant[\/caption]\r\n\r\nDie gebied het standhoudende waterbronne gehad en die asemrowende Boschberg het \u2019n sekere mate van beskutting teen die somerson verleen. Waar die dorp later sou ontstaan, is Outeniekwa-geelhoutbome (<em>Afrocarpus falcatus<\/em>) afgekap vir die boubedryf, nieshout (<em>Pteroxylon obliquum<\/em>) vir landbougebruik, asook ander houtsoorte vir brandhout. Die regeringsplaas is in 1825 in \u2019n setel vir \u2019n landdros omskep en die dorp Somerset is gestig. Sowat dertig jaar later is die \u201cOos\u201d by die naam gevoeg om dit van Somerset-Wes te onderskei.\r\n\r\n<strong>Die huis van die Gerwels<\/strong>\r\n\r\nPaulet-huis, waar ons tans tuisgaan, is waarskynlik iewers tussen 1825 en 1827 gebou deur \u2019n plaaslike slagter genaamd Robert Robinson, wat op 27 jarige ouderdom as deel van die eerste groep Britse setlaars in 1820 in Suid-Afrika aangekom het.\r\n\r\nIn 1993 het Jakes Gerwel die huis \u2013 toe \u2019n gastehuis \u2013 gekoop en dit vir eers as sodanig bedryf. In 2007 is die huis gerestoureer en het die Gerwels dit as vakansiehuis gebruik. N\u00e1 sy dood het sy weduwee, Phoebe, dit aan die Jakes Gerwel Trust geskenk, met die gedagte dat dit as \u2019n skrywershuis gebruik sou word. Die restourasiewerk is verder gevoer en die huis is ingerig sodat dit tot ses skrywers op \u2019n slag kan huisves. Daar is drie slaapkamers op die boonste verdieping, \u2019n slaapkamer op die grondvloer en twee verdere slaapkamers in die kothuis langsaan. Drie gietysterstowe hou die huis in die winter warm.\r\n\r\nHier woon tipies skrywers, digters, dramaturge en musikante. Soms is daar werksessies om tekste of musiek te ontwikkel. Soms, soos in ons geval, word ons net die ruimte en \u2019n bord kos gegun, en aan ons eie brooshede en booshede oorgelaat.\r\n\r\nTeen die mure hang foto\u2019s en skilderye deur Suid-Afrikaanse kunstenaars \u2013 \u2019n Karootoneel, \u2019n houtskoolskets met \u2019n portretstudie van Gerwel wat ons oor aandete dophou. In die dag hoor ek hoe die ander skrywers bo my oor tweehonderdjarige houtplankvloere beweeg. \u2019n Stoel of lessenaar kraak, \u2019n kraan laat \u2019n pyp in \u2019n muur dreun, \u2019n vensterraam word toegeskuif as die son agter Boschberg ondergaan.\r\n\r\nLangsaan is die Walter Battiss-kunsgalery. Battiss het hier grootgeword en sy ouers se ou Victoriaanse-styl-hotel is in \u2019n galery omskep. Oorkant die pad is \u2019n pragtige wit kerkgebou uit die 1800\u2019s, helaas nou die eiendom van die Afrikaanse Protestantse Kerk (APK). Net straataf is die Voortrekkers se gebou en wat waarskynlik eens \u2019n kampterrein was \u2013 die gebou is vervalle en die terrein onnet en vol onkruid.\r\n\r\n[caption id=\"attachment_2669\" align=\"alignnone\" width=\"1000\"]<img class=\"wp-image-2669 size-full\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/Foto-8AndriesBezuidenhout.jpg\" alt=\"\" width=\"1000\" height=\"563\" \/> Die Paulet-huis se eetkamer na aandete[\/caption]\r\n\r\n<strong>Antroposeen se spore<\/strong>\r\n\r\nDie landskap rondom Somerset-Oos is asemrowend mooi. Vier biome kom hier bymekaar \u2013 Amathole-berggrasveld, Suid-Kaapse woudlandskap (Afro temperate forest), Albany ruigtes en Nama-Karoo. Die berg self vorm \u2019n tipe agtergrond vir die dorp as toneel. Ry jy in Graaff-Reinet se rigting, sien jy die hele Karoo voor jou uitstrek vanaf die pas oor Bruintjieshoogte.\r\n\r\nAanvanklike inwoners het baie van Boschberg se inheemse woude uitgekap. Indringerplante het \u2019n probleem geword, soos die swartwattels, turksvye, garingbome en uitheemse grassoorte wat op die bergpieke begin groei het en deur die wind versprei word.\r\n\r\nSoos elders in die Karoo het oorbeweiding die landskap omvorm, maar van die boere probeer nou om natuurreservate op hul plase te vestig. Somerset-Oos is nog altyd waterryk, met sterk fonteine en watervalle in die berg. Met Paulet-huis se restourasie is juis \u2019n put uit die 1700\u2019s op die erf ontdek.\r\n\r\n[caption id=\"attachment_2675\" align=\"alignnone\" width=\"1000\"]<img class=\"wp-image-2675 size-full\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/Foto-7Foto-1AndriesBezuidenhout.jpg\" alt=\"\" width=\"1000\" height=\"563\" \/> Huis in Somerset-Oos[\/caption]\r\n\r\nKlimaatsverandering bied egter ook hier nuwe uitdagings. Vir die eerste keer in die tydvak van geskrewe geskiedenis is fonteine en riviere aan die opdroog. Die hele landskap is deel van die akwifeer wat van hier tot by Kaapstad strek. Gelukkig word van die plase deur \u2019n besproeiingskema uit die Gariepdam, al met die Visrivier langs, gevoed. By buurdorpe moes Gift of the Givers egter kom gate boor, tot by Adelaide wat nog nooit vantevore \u2019n watertekort beleef het nie.\r\n\r\nOp hierdie dorp wonder ek oor tyd. Geologiese tyd tik die stadigste \u2013 klippe en berge is al lank hier en sal nog lank hier wees as ons eers weg is. Ons spore bly egter agter, aldus die Antroposeen as geologiese tydvak. Plantegroei se tyd is effe vinniger, maar wissel na gelang van gewas en seisoen. Die akkerboomlanings hier, die herinnering aan vergane woude in geelhoutbalke en vloerplanke.\r\n\r\nVir mense is tyd vinniger, dink ek. Daar is wel tyd vir \u2019n gesprek met \u2019n vreemdeling met \u2019n masker oor \u2019n gedig aan die einde van jou lewe, terwyl jy blare in jou inrypad opvee.\r\n\r\nSoms, soos nou, voel dit of tyd stilstaan. Ander kere word \u2019n mens een oggend wakker en jy besef dat \u2019n landskap eintlik nogal ingrypend verander het \u2013 of dit nou oor twee eeue of twee dekades gebeur het.\r\n\r\nMaar anders as die verandering self, kom die besef onverwags en eensklaps.\r\n\r\n[embed]https:\/\/soundcloud.com\/andries-bezuidenhout-2367892\/die-ware-landskap-is-een-van-rots[\/embed]\r\n\r\nDIE WARE LANDSKAP IS EEN VAN ROTS\r\n\r\nI\r\n\r\nOns weet julle kan nie Vo\u00ebl praat nie, s\u00ea die vo\u00ebls,\r\nnie enige dialek van Tiptols, Hoogtortel of Hadidees nie.\r\nNee, al is julle in ho\u00eb takke hoor julle nie wat ons fluit-fluit nie\r\nof ons storie nie, want dis nie ons wat uit is nie.\r\nKyk hoe dans hulle op drum beats. Onbewus van Nonnetjiesuile\r\nwat oorhoofs luister. Dis \u2019n tweeter, dis \u2019n bass bin\r\nwat skel na bo, stamp na onder en ons nie hoor nie\r\nselfs al bly julle stil, want ons weet\r\njulle kan nie \u2019n woord Vo\u00ebl verstaan nie.\r\n\r\nII\r\n\r\nOns weet julle kan nie Boom praat nie, s\u00ea die bome,\r\nnie Hardekools, Maroelees of Wes-Akasia nie.\r\nOns waai julle nader, trek ons skouers op\r\nmaar julle stel net in skaduwee belang.\r\nHoor hoe sing en snaar hulle. Daai is \u2019n houtkitaar\r\nwat hy sy axe noem. Hy chop en riff, hy saag\r\nmaar waag nie om te luister na wat ons s\u00ea nie\r\nselfs al bly hy stil, want ons weet\r\njulle kan nie \u2019n enkele sin Boom verstaan nie.\r\n\r\nIII\r\n\r\nOns weet julle kan nie Klip praat nie, s\u00ea die klippe,\r\nnie Oergneis, Rotsigs of Platskalie nie.\r\nOns voel die bass drum beats in ons riwwe.\r\nJulle spring en polka en slaan soms op ons neer\r\nmaar ons is nie didaktiese klippe nie\r\nons praat nie preke nie, maar wou tog waarsku\r\nwant ons is die langste al hier en verstaan nou al Vo\u00ebl en Boom.\r\nVo\u00ebls lewe die kortste en bome effe langer\r\nmet julle iewers tussenin. Gebruik miskien die tyd\r\nom Vo\u00ebl en Boom se woordeskat te leer\r\nwant spesies gaan soos tale dood en mettertyd\r\nis al wat aanhou klop maar net \u2019n klip en nog \u2019n klip\r\nen nog \u2019n klip en nog \u2019n klip.\r\n\r\n(Oppikoppi, Augustus 2016)\r\n\r\n&nbsp;\r\n\r\nGedig op Soundcould:\u00a0 <a href=\"https:\/\/soundcloud.com\/andries-bezuidenhout-2367892\/die-ware-landskap-is-een-van-rots\">https:\/\/soundcloud.com\/andries-bezuidenhout-2367892\/die-ware-landskap-is-een-van-rots<\/a>\r\n\r\nOorspronklik in <em>Vrye Weekblad<\/em> gepubliseer: <a href=\"https:\/\/www.vryeweekblad.com\/mense-en-kultuur\/2021-07-22-stadige-verandering-eensklaps-verstaan\/\">https:\/\/www.vryeweekblad.com\/mense-en-kultuur\/2021-07-22-stadige-verandering-eensklaps-verstaan\/<\/a>","_en_post_name":"stadige-verandering-eensklaps-verstaan-andries-bezuidenhout","_en_post_excerpt":"","_en_post_title":"Stadige verandering eensklaps verstaan \u2013 Andries Bezuidenhout","_af_post_content":"","_af_post_name":"","_af_post_excerpt":"","_af_post_title":"","edit_language":"af","_price":"","_stock":"","_tribe_ticket_header":"","_tribe_default_ticket_provider":"","_ticket_start_date":"","_ticket_end_date":"","_tribe_ticket_show_description":"","_tribe_ticket_show_not_going":false,"_tribe_ticket_use_global_stock":"","_tribe_ticket_global_stock_level":"","_global_stock_mode":"","_global_stock_cap":"","_tribe_rsvp_for_event":"","_tribe_ticket_going_count":"","_tribe_ticket_not_going_count":"","_tribe_tickets_list":"[]","_tribe_ticket_has_attendee_info_fields":false,"footnotes":""},"categories":[2],"tags":[],"class_list":{"0":"post-2668","1":"post","2":"type-post","3":"status-publish","4":"format-standard","5":"has-post-thumbnail","7":"category-news-photos","8":"czr-hentry"},"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2668","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=2668"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2668\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2678,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2668\/revisions\/2678"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/2677"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2668"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=2668"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2668"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}