{"id":1830,"date":"2020-09-03T09:35:08","date_gmt":"2020-09-03T07:35:08","guid":{"rendered":"https:\/\/jgf.org.za\/?p=1830"},"modified":"2020-09-03T09:37:40","modified_gmt":"2020-09-03T07:37:40","slug":"","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/die-levels-van-paulet-huis-deur-olivia-m-coetzee\/","title":{"rendered":"","raw":""},"content":{"rendered":"","protected":false,"raw":""},"excerpt":{"rendered":"","protected":false,"raw":""},"author":2,"featured_media":1758,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_en_post_content":"<!-- wp:tadv\/classic-paragraph -->\n<p>Hoe \u0149 mens opgroei en waa \u0149 mens opgroei het \u0149 baie groot invloed op hoe mens die liewe ankyk, en hoe \u0149 mens jouself sien inpas in die liewe. Daa is baie dinge wat ek in my liewe al gedoen het wat ek gedink het ek sal nooit doen nie, of eeder ek het nooit gedink an sulke goetie. Dit was net nooit \u0149 pad vi my wat ek moes stappie, volgens waa ek van daan k\u00f4 en alles daai baggage, maa ek het paaie gestap wat baie noggie gestap hettie. Selfs \u00a0\u0149 skrywers residensie was nooit deel van my plan nie, maa dit het deel k\u00f4 raak van die rigting. Ek het glattie verwag ek sou in soe \u0149 pragtige huis drie wieke kon spandeerie, en noggal in die middel van \u0149 pandemie nie.<\/p>\n<p>\u00d4s het laat aand by Paulet Huis angek\u00f4. Dit was donke, en daa was nie veel van \u0149 maan wat geskyn hettie. Die neigbe was daa, sy\u2019t \u00f4s verwelkom. Sy\u2019t my ges\u00ea sy bly in die slawe huis, en toe gelag. Daai was weird, het ek gedink, maa dit eenkant toe geskyf, want wat was dan nou soe snaaks van die slawehuis, en dit was laat en ek was honge en moeg. \u00d4s het geiet, en mekaa leer ken, en \u00f4s het gereflect oo wat dit betieken om daa te wies, en die reflections was deel van die res van \u00f4s se bly daa. Die neks oggend se wakke skrik het maklik gek\u00f4, ek was excited om my neks manuscript te begin. Om die neks chapter van my skrywer\u2019s hart te begin. En om dit te doen in soe \u0149 plek. Paulet Huis is pragtig. Die groot stuk tuin wat agte Paulet Huis uitvloei lyk soes \u0149 <em>veil<\/em> wat agte \u0149 pasgetroude tradisionele straight vrou ankruip. Vi ure kan mens in daai tuin sit met Got en jouself, en al die ancestors wat voor \u0149 mens gekommit. Daa was klein boekies in \u00f4s kames wat die geskiedenis van Paulet Huis vetel. Daai boekie en Paulet Huis se geskiedenis het my an my oupa lat dink. Oupa Frederick van Rooyen. Hy was \u0149 katoen boer in die Keimoes distrik. Hy\u2019t twie vroue gehad, nie op die selle tyd nie though. Ouma Anna het huistoe gegan toe mamie drie jaar oud was. Maa Oupa het nie lank gevat om wee te trou nie. Hy\u2019t klomp kinnes gehad, en hulle het \u0149 ma norrag gehad. Of dis hoe ek die storie vestaan het, but I digress. Toe \u00f4s by Paulet Huis angekommit was dit soes ek wee trug by \u0149 familie huis was. Die skandes en hatseer en geluk van daai huis en die gieste en spoeke, wat volgens Elsie in Paulet Huis bly, het hulle arms met liefde om my gegooi, en vi die res van my bly daa was dinge maa net soe, soes ek trug by my familie huis is. Die houtvloere se kreun geluide het my voetstappe ontvang soes ek al vi djarre in daai huis bly. Ek was gemaklik. My siel was gemaklik, en my mind was halfpad stil.<\/p>\n[caption id=\"attachment_1758\" align=\"aligncenter\" width=\"400\"]<img class=\"wp-image-1758\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/08\/Olivia-M-Coetzee-Credit-Jeremeo-le-Cordeur.jpeg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"600\" \/> Olivia M Coetzee<br \/>\u00a9 Jeremeo le Cordeur[\/caption]\n<p>Elsie wat my vetel het van die spoeke van Paulet Huis se volle naam is Elsie September. Sy is die dame wat, volgens my, die house manager was. Sy het die skoonmaak van \u00f4s kamers gemanage, die was van \u00f4s klere, en die opruim van die plek, en sy\u2019t gesog dat \u00f4s kames alles norrag het wat dit norrag het. Sy was die behind-the-scenes mens. Elsie was geonnesteun deu Nombeka Beauty Jali, of Ouma, soes Elsie vi Nombeka roep. Ek skryf oo hulle twie want hulle was groot deel van my bly daa. \u00d4s het mekaa ampe elke dag gesien, en as ek iets gesoek het vi my kamer dan was hulle daa. Een oggend k\u00f4 ek in die koebuis en Elsie lag en sy s\u00ea, \u201cRaai wat het ek gisteraand ge\u00ebet.\u201d Ek het immediately gewiet. Sy lag en sy s\u00ea toe, \u201cBlikkie vis en macaroni.\u201d Dis na ek by haa gekla het ek mis my gunsteling dish, blikkie chillie vis en macaroni. Ek is dankbaar dat Elsie en Ouma daa was vi my, en vi \u00f4s.<\/p>\n<p>My eeste boek, Innie Shadows, wat gepublisher was in November van 2019 was \u0149 projek wat ek begin het toe ek my meester\u2019s graad manuskrip in 2017 klaa gemaak het. Die eeste draft van Innie Shadows het annes begin en ek het toe\u00a0 gewonne, maa moet ek maa nie die selle ding doen nie, en dit is om my eeste draft van Die S\u00eakin Coming in Engels te skryf. En dan van daa af die twiede draft in Kaaps skryf, want met die herskryf van Innie Shadows se eeste Kaaps draft het die storie \u0149 klein bietjie baie geveanner en soe oek die titel. Maa ek het eeder gekies om in Kaaps te skryf en wanne daa \u0149 engelse phrase deu\u2019k\u00f4 dan sal ek dit soe anvat, en met die deu\u2019w\u00eak van die storie kan ek veanner soes ek voel is reg.<\/p>\n<p>Skryf was nog altyd vi my \u0149 maklike iets, dit was nooit moeilik om te sit en te skryfie. Maa wat moeilik was vi my is om tyd te maak vi skryf, en om daai eeste inbriek te kan te kry waa ek al die editors in my kop kan stil maak lat ek kan hoo wat die storie is. Ek was eendag in \u0149 poetry workshop an die begin van my jare as digter op die poetry scene van Kaapstad. Een van die digters gedurende die workshop s\u00ea toe, \u2018\u0149 Mens moetie dink dat om te skryf gat net oo \u0149 mens die talent het nie, want baie mense het mos die talent om \u0149 storie te vetel en nee te skryf, maa om te skryf gat eindlik hoe dedicated \u0149 mens is in die editing proeses.\u2019 En ek het in my binneste ges\u00ea, ag wat wiet hy. Die arrogance van jong mens wies. Want dis net soes daai digter ges\u00ea het, maa daai eeste draft is net soe belangrik, net soes elke draft daa na.<\/p>\n[caption id=\"attachment_1759\" align=\"alignnone\" width=\"2048\"]<img class=\"size-full wp-image-1759\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/08\/Olivia-M-Coetzee-in-Paulet-Straat-Credit-Jeremeo-le-Cordeur.jpeg\" alt=\"\" width=\"2048\" height=\"1365\" \/> Olivia M Coetzee in Pauletstraat<br \/>\u00a9 Jeremeo le Cordeur[\/caption]\n<p>Nou ek is iemand wat eeder sal vekies om op my eie te wies. Nie ommat ek nie hou van mense nie, maa soms is anxiety die grootste dief in my liewe wat oomblikke van geluk onne my nies uit kan steel. Selfs in my ma se huis vestaan hulle hoe gemaklik dit vi my kan wies wanne ek op my eie is, en soe los hulle my. Dis hoek\u00f4 dit soms moeilik vi my is om ansoek te doen vi dinge waa ek wiet ek sal moet engage met anne mense. Maa ek is bly ek het ansoek gedoen, want die was \u0149 opportunity vi my om deel te raak van \u0149 groep en myself te explore deu hulle o\u00eb. \u00a0Andr\u00e9, een van die anne skrywer wat saam my daa was s\u00ea \u00f4s vyf moet \u0149 play saam skryf van \u00f4s wat by Paulet Huis is, en oor \u00f4s se tyd waa \u00f4s om die etenstafel sit, maa elkeen moet hulle selfin \u0149 rol skryf. Ek vind die ide\u00eb great en terrifying op die selle tyd. Because hoe skryf ek oo myself, \u0149 socialite wat \u0149 angs leier is, en wat dit moeilik vind om kontrol van haa self in anne mense se hanne te los? Maa dit het my lat dink, en dit lat my nog steeds dink of dit moonlik is vi my om soes ek nou begin skryf oo die karakters in my boek Skyedrie en Ouma Anna, van Byron en Judas, die veraaier, of ek myself soes daai sal kan skryf. Van wat vat ek wat los ek? Daa is soe baie. Maa besides daai reflection van self as mens, en dan as skrywer het daa soe baie anne goet vi my op gek\u00f4 soes ek daa gesit het, deel van local skrywers, en soe meer skrywers van kleur. Dimensies, levels, layers, kompleksies, of is dit kompleksiteite, en al daai anne baggage wat \u00f4s mien stap, en dan was daa oek nog skryf. Die goal wat ek vi my uit gesit het, was \u0149 groot een, wat ek nie ingefactor het was die anne klompie goed wat voo my deu gat staan nie. \u0149 Mens is mossie net \u0149 skrywer, of net \u0149 dit of net \u0149 dattie. Daa is mos levels, en levels, en levels van mens wies.<\/p>\n<p>Nou met my doel om die volle eeste draft klaa te skryf het ek myself \u0149 doel gestel om elkedag \u0149 siekere antal woore te skryf. Dit was however nie soe maklik om by my doel te hou nie. Toe ek die email kry om te s\u00ea dat ek gekies was het ek immediately begin soek vi funding, fonds wat my sal help om my daaglikse en maandlikse expenses sal cover wanne ek weg sou gaan om te loep skryf. Ek het n\u00earens reg gek\u00f4 en het gewiet dat ek sallit maa moet wing, en skryf soeveel soes ek kan, want daai verantwoordelikheid wat ek dra kon ek nie agter lossie. Al was ek weg van die huis af, het die huis en my verantwoordelikhede my nie gelos nie, en ek moes daagliks aandag gie an my w\u00eak wat my rent betaal, kos koep vi my vrou en kat by die huis, en die onnerhoud gelde wat ek moet afstuu huistoe. Maa die storie het gevloei wanne dit gevloei het. en dit het oek my gewys hoe om my tyd te manage wanne ek wee trug is by die huis. Daa was baie traffic in Paulet Huis, en die stoel wat ek moes gebruik het om op te sit wanne ek moes skryf het my lat dink an skooldae se banke. Koud en ongemaklik. Lank sit was nooit \u0149 opsie nie. Maa ek het my bes geprobee om dit te navigate om die storie te lat vloei, en te w\u00eak.<\/p>\n<p>Ek wonne toe een oggend soes ek sit op die balcony en reflect op die dae wat ek by Paulet Huis was, en ek dink an al die kosse wat ek geiet het, en al die lekkes en koeldranke en sappe en...en...en...en wat Tjoppie soe lekke vi \u00f4s mien bedien het. Maa hoe \u0149 bietere situasie dit vi my sou gewies het as ek eeder \u0149 stipend vi die maand gekry het om my eie kos te koep, as om elke dag soeveel klompie veskye kosse te iet. Want ek wiet mos as ek \u0149 stipend kon gekry het, sou ek tog helfte van daai geld gespaar het om trug te vat huis toe, miskien is dit iets wat die Fondasie kan na kyk in die toekoms, because nie amal van \u00f4s kan dit afford om op skrywers residensies te gan sonne dat daa nie baie moet gesacrifice w\u00f4ttie.<\/p>\n[caption id=\"attachment_1761\" align=\"alignnone\" width=\"2048\"]<img class=\"size-full wp-image-1761\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/08\/Veronique-Jephta-en-Olivia-M-Coetzee-op-die-trappe-voor-Paulet-Huis-se-woonstel.jpeg\" alt=\"\" width=\"2048\" height=\"1365\" \/> Veronique Jephta en Olivia M Coetzee op die trappe voor Paulet Huis se woonstel[\/caption]\n<p>Maa deu al die challenges van moet w\u00eak vi die huis en w\u00eak vi \u00f4s rent, het ek tot by 10 chapters gek\u00f4 van Die S\u00eakin Coming. En ek het my karakters leer ken, en daa het niewe karakters in gestap soes Angel, en Skyedrie se twieling broe JP, en Antie Margie wat Ouma Anna se beste vriend is, en die Undeground Library waa Lua, Skyedrie se beste vrind, by w\u00eak. En hulle het my help begin sien hoe die niewe w\u00eareld lyk. En nog elke dag soes ek biesag is met die iets of daai iets k\u00f4 daa nog dele van die storie deu.\u00a0 En ek is excited om klaa te skryf om te sien hoe Skyedrie die cure vi Ouma gat kry, en wat Margo uindelik gat doen wat maak dat Skyedrie haa doodskiet, en waa JP en Skyedrie mekaa vi die eeste kee gat raak loep. \u00a0<\/p>\n<p>Die proeses om \u0149 ide\u00eb te groei tot in \u0149 volle storie is die lekkeste ding op die aarde. Die proeses roep \u0149 mens om jouself net oep te maak vi die storie om deu te k\u00f4, en al die editors in my kop te vra om ees stil te bly, want \u0149 storie het stilte norrag om uit te klim. Maa ek wiet oek dat die is maa net die begin van die w\u00eak. Die eindelike job van die storie in \u0149 boek in te draai, en \u0149 boek wat mense sal wil lies moet nog k\u00f4. Maa ek is excited vi wat k\u00f4, en ek hoep die lesers gat die selle voel wanne hulle hulle eie copy van Die S\u00eakin Coming gat optel.<\/p>\n<p>Eindlik wens ek dat ek nog \u0149 maand kon gebly het in Paulet Huis. Maa ek is dankbaar vi die tyd wat ek daa was, dit het my gechange as mens, en as skrywer. Daa is nog baie w\u00eak wat ek sal moet doen an die manuscript, maa ek sien uit na dit wat nog moet deu k\u00f4 en na die dag wat Die S\u00eakin Coming in boekwinkels gat beskikbaar wies. Ek is oneindig dankbaar dat ek die kans gekry het, soe baie dankie Boeta Jakes, en die mense wat staan agte die Jakes Gerwel Fondasie, en wat staan agte die w\u00eak wat die Fondasie doen. En baie dankie an Theo, Tjoppie en Marilou Ferreira, Elsie en Ouma, en an my mede skrywers wat die tyd saamit my gedeel het by Paulet Huis, Jeremeo Le Cordeur, Veronique Jephtas aka Baby Woman, Andr\u00e9 Trantraal, Tracey Carmelita Heeger, dankie vi die gifts wat julle vi my gebring het, ek sal dit altyd saamit my dra. En ek hoep ek kon die selle vi julle gedoen het. Give thanks.<\/p>\n<!-- \/wp:tadv\/classic-paragraph -->","_en_post_name":"die-levels-van-paulet-huis-deur-olivia-m-coetzee","_en_post_excerpt":"","_en_post_title":"Die Levels van Paulet Huis \u2013 deur Olivia M Coetzee","_af_post_content":"","_af_post_name":"","_af_post_excerpt":"","_af_post_title":"","edit_language":"af","_price":"","_stock":"","_tribe_ticket_header":"","_tribe_default_ticket_provider":"","_ticket_start_date":"","_ticket_end_date":"","_tribe_ticket_show_description":"","_tribe_ticket_show_not_going":false,"_tribe_ticket_use_global_stock":"","_tribe_ticket_global_stock_level":"","_global_stock_mode":"","_global_stock_cap":"","_tribe_rsvp_for_event":"","_tribe_ticket_going_count":"","_tribe_ticket_not_going_count":"","_tribe_tickets_list":"[]","_tribe_ticket_has_attendee_info_fields":false,"footnotes":""},"categories":[2],"tags":[],"class_list":{"0":"post-1830","1":"post","2":"type-post","3":"status-publish","4":"format-standard","5":"has-post-thumbnail","7":"category-news-photos","8":"czr-hentry"},"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1830","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1830"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1830\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1834,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1830\/revisions\/1834"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1758"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1830"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1830"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1830"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}