{"id":1700,"date":"2020-04-16T12:38:11","date_gmt":"2020-04-16T10:38:11","guid":{"rendered":"https:\/\/jgf.org.za\/?p=1700"},"modified":"2020-04-16T12:42:21","modified_gmt":"2020-04-16T10:42:21","slug":"mentorskap-vir-jong-liriekskrywers","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/mentorskap-vir-jong-liriekskrywers\/","title":{"rendered":"Mentorskap vir jong liriekskrywers","raw":"Mentorskap vir jong liriekskrywers"},"content":{"rendered":"<p>Die Jakes Gerwel Stigting en die Suidoosterfees pak vanjaar vir die eerste keer \u2019n program aan wat mentorskap bied aan beide opkomende liriekskrywers en sangers wat oorspronklike treffers in Afrikaans, Engels of isiXhosa skep. Hierdie program is \u2019n uitbreiding van die Suidoosterfees se bestaande Talentsoektog wat jaarliks geloods word om nuwe, ongeslypte talent \u2013 hetsy in drama, sang of dans \u2013 in die Wes-Kaap te vind. Met die nuwe program word daar spesifiek gesoek na jong kunstenaars wat kan baat by die ervaring en leiding van \u2019n mentor om sodoende vars en treffende lirieke of liedjies te kan lewer. Frazer Barry van Tribal Echo is die mentor.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-full wp-image-1647\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/frazer1000.jpg\" sizes=\"auto, (max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" srcset=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/frazer1000.jpg 1000w, https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/frazer1000-300x200.jpg 300w, https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/frazer1000-768x512.jpg 768w, https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/frazer1000-570x380.jpg 570w\" alt=\"\" width=\"1000\" height=\"667\" \/><\/p>\n<p>Die volgende vyf kunstenaars is gekies om vanjaar deel te wees van hierdie opleidingsprojek:<\/p>\n<p><strong>Breyten Treurnicht<\/strong><\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-full wp-image-1678\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/BreytenTreurnicht280_Fotor.jpg\" sizes=\"auto, (max-width: 280px) 100vw, 280px\" srcset=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/BreytenTreurnicht280_Fotor.jpg 280w, https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/BreytenTreurnicht280_Fotor-200x200.jpg 200w\" alt=\"\" width=\"280\" height=\"280\" \/><\/p>\n<p>Breyten Treurnicht is \u2019n twee-en-twintigjarige kunstenaar, akteur, musikant en liedjieskrywer van Groot-Brakrivier. Hy beskou sy musiek as \u2019n manier om verskeie mure af te breek, om die ongemaklikhede, innerlike konflik en wroeging van ons daaglikse bestaan aan te spreek en te omskep in iets positiefs.<\/p>\n<p><strong>Brumelda Bell<\/strong><\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-full wp-image-1679\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/BrumeldaBell280_Fotor.jpg\" sizes=\"auto, (max-width: 280px) 100vw, 280px\" srcset=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/BrumeldaBell280_Fotor.jpg 280w, https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/BrumeldaBell280_Fotor-200x200.jpg 200w\" alt=\"\" width=\"280\" height=\"280\" \/><\/p>\n<p>Brumelda Bell van Montagu het in 2015 besef dat sy \u2019n gawe het vir rymklets. Sy het in 2019 aand die Suidoosterfees se Talentsoektog deelgeneem en deurgedring na die semi-finale rondte. Sy hoop om met hierdie ontwikkelingsprojek \u2019n verdere deurbraak te maak in die musiekw\u00eareld.<\/p>\n<p><strong>Grabriel Plaatjies <\/strong><\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-full wp-image-1680\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/GabrielPlaatjies280_Fotor.jpg\" sizes=\"auto, (max-width: 280px) 100vw, 280px\" srcset=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/GabrielPlaatjies280_Fotor.jpg 280w, https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/GabrielPlaatjies280_Fotor-200x200.jpg 200w\" alt=\"\" width=\"280\" height=\"280\" \/><\/p>\n<p>Gabriel Plaatjies is \u2019n uitvoerende kunstenaar van Hankey in die Oos-Kaap. Die skryf van lirieke het vir hom \u2019n nuwe w\u00eareld oopgemaak \u2013 een van diep passie. Hy skryf oor die gemeenskap waar hy woon en kan nie wag om onder mentorskap sy talente uit te bou nie.<\/p>\n<p><strong>Naaim Briesies <\/strong><\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-full wp-image-1681\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/NaaimBriesies280_Fotor.jpg\" sizes=\"auto, (max-width: 280px) 100vw, 280px\" srcset=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/NaaimBriesies280_Fotor.jpg 280w, https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/NaaimBriesies280_Fotor-200x200.jpg 200w\" alt=\"\" width=\"280\" height=\"280\" \/><\/p>\n<p>Naaim Briesies is \u2019n vier-en-twintigjarige rymkletser, sanger en digter wat op gospel fokus. Hy kom van Prins Albert in die Klein-Karoo, maar was na skool vir meer as twee jaar betrokke by Schools4Christ wat die evangelie oraloor in Suid-Afrikaanse skole verkondig het. In hierdie tyd was sy rol om leerders te vermaak met geestelike ritme en po\u00ebsie. Hy bestuur tans die Jeugsentrum in Prins Albert onder die vaandel van die Prins Albert Gemeenskapstrust.<\/p>\n<p><strong>Nicol Klopper<\/strong><\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-full wp-image-1682\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/NicolKlopper280_Fotor.jpg\" sizes=\"auto, (max-width: 280px) 100vw, 280px\" srcset=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/NicolKlopper280_Fotor.jpg 280w, https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/NicolKlopper280_Fotor-200x200.jpg 200w\" alt=\"\" width=\"280\" height=\"280\" \/><\/p>\n<p>Nicol Klopper woon in Kommetjie in die Wes-Kaap, maar is oorspronklik van Bloemfontein. Hy het \u2019n graad in BCom Bemarking en werk tans vir \u2019n maatskappy in die toerismebedryf. Lirieke skryf is sedert sy ho\u00ebrskooldae sy groot passie. Dit fassineer hom dat \u2019n mens lirieke kan skryf vanuit jou eie perspektief of lewensuitkyk en dit dan op hierdie manier met die w\u00eareld kan deel.<\/p>\n","protected":false,"raw":"Die Jakes Gerwel Stigting en die Suidoosterfees pak vanjaar vir die eerste keer \u2019n program aan wat mentorskap bied aan beide opkomende liriekskrywers en sangers wat oorspronklike treffers in Afrikaans, Engels of isiXhosa skep. Hierdie program is \u2019n uitbreiding van die Suidoosterfees se bestaande Talentsoektog wat jaarliks geloods word om nuwe, ongeslypte talent \u2013 hetsy in drama, sang of dans \u2013 in die Wes-Kaap te vind. Met die nuwe program word daar spesifiek gesoek na jong kunstenaars wat kan baat by die ervaring en leiding van \u2019n mentor om sodoende vars en treffende lirieke of liedjies te kan lewer. Frazer Barry van Tribal Echo is die mentor.\r\n\r\n&nbsp;\r\n\r\n<img class=\"alignnone size-full wp-image-1647\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/frazer1000.jpg\" sizes=\"(max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" srcset=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/frazer1000.jpg 1000w, https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/frazer1000-300x200.jpg 300w, https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/frazer1000-768x512.jpg 768w, https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/frazer1000-570x380.jpg 570w\" alt=\"\" width=\"1000\" height=\"667\" \/>\r\n\r\nDie volgende vyf kunstenaars is gekies om vanjaar deel te wees van hierdie opleidingsprojek:\r\n\r\n<strong>Breyten Treurnicht<\/strong>\r\n\r\n<img class=\"alignnone size-full wp-image-1678\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/BreytenTreurnicht280_Fotor.jpg\" sizes=\"(max-width: 280px) 100vw, 280px\" srcset=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/BreytenTreurnicht280_Fotor.jpg 280w, https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/BreytenTreurnicht280_Fotor-200x200.jpg 200w\" alt=\"\" width=\"280\" height=\"280\" \/>\r\n\r\nBreyten Treurnicht is \u2019n twee-en-twintigjarige kunstenaar, akteur, musikant en liedjieskrywer van Groot-Brakrivier. Hy beskou sy musiek as \u2019n manier om verskeie mure af te breek, om die ongemaklikhede, innerlike konflik en wroeging van ons daaglikse bestaan aan te spreek en te omskep in iets positiefs.\r\n\r\n<strong>Brumelda Bell<\/strong>\r\n\r\n<img class=\"alignnone size-full wp-image-1679\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/BrumeldaBell280_Fotor.jpg\" sizes=\"(max-width: 280px) 100vw, 280px\" srcset=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/BrumeldaBell280_Fotor.jpg 280w, https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/BrumeldaBell280_Fotor-200x200.jpg 200w\" alt=\"\" width=\"280\" height=\"280\" \/>\r\n\r\nBrumelda Bell van Montagu het in 2015 besef dat sy \u2019n gawe het vir rymklets. Sy het in 2019 aand die Suidoosterfees se Talentsoektog deelgeneem en deurgedring na die semi-finale rondte. Sy hoop om met hierdie ontwikkelingsprojek \u2019n verdere deurbraak te maak in die musiekw\u00eareld.\r\n\r\n<strong>Grabriel Plaatjies <\/strong>\r\n\r\n<img class=\"alignnone size-full wp-image-1680\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/GabrielPlaatjies280_Fotor.jpg\" sizes=\"(max-width: 280px) 100vw, 280px\" srcset=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/GabrielPlaatjies280_Fotor.jpg 280w, https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/GabrielPlaatjies280_Fotor-200x200.jpg 200w\" alt=\"\" width=\"280\" height=\"280\" \/>\r\n\r\nGabriel Plaatjies is \u2019n uitvoerende kunstenaar van Hankey in die Oos-Kaap. Die skryf van lirieke het vir hom \u2019n nuwe w\u00eareld oopgemaak \u2013 een van diep passie. Hy skryf oor die gemeenskap waar hy woon en kan nie wag om onder mentorskap sy talente uit te bou nie.\r\n\r\n<strong>Naaim Briesies <\/strong>\r\n\r\n<img class=\"alignnone size-full wp-image-1681\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/NaaimBriesies280_Fotor.jpg\" sizes=\"(max-width: 280px) 100vw, 280px\" srcset=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/NaaimBriesies280_Fotor.jpg 280w, https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/NaaimBriesies280_Fotor-200x200.jpg 200w\" alt=\"\" width=\"280\" height=\"280\" \/>\r\n\r\nNaaim Briesies is \u2019n vier-en-twintigjarige rymkletser, sanger en digter wat op gospel fokus. Hy kom van Prins Albert in die Klein-Karoo, maar was na skool vir meer as twee jaar betrokke by Schools4Christ wat die evangelie oraloor in Suid-Afrikaanse skole verkondig het. In hierdie tyd was sy rol om leerders te vermaak met geestelike ritme en po\u00ebsie. Hy bestuur tans die Jeugsentrum in Prins Albert onder die vaandel van die Prins Albert Gemeenskapstrust.\r\n\r\n<strong>Nicol Klopper<\/strong>\r\n\r\n<img class=\"alignnone size-full wp-image-1682\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/NicolKlopper280_Fotor.jpg\" sizes=\"(max-width: 280px) 100vw, 280px\" srcset=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/NicolKlopper280_Fotor.jpg 280w, https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/NicolKlopper280_Fotor-200x200.jpg 200w\" alt=\"\" width=\"280\" height=\"280\" \/>\r\n\r\nNicol Klopper woon in Kommetjie in die Wes-Kaap, maar is oorspronklik van Bloemfontein. Hy het \u2019n graad in BCom Bemarking en werk tans vir \u2019n maatskappy in die toerismebedryf. Lirieke skryf is sedert sy ho\u00ebrskooldae sy groot passie. Dit fassineer hom dat \u2019n mens lirieke kan skryf vanuit jou eie perspektief of lewensuitkyk en dit dan op hierdie manier met die w\u00eareld kan deel."},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Jakes Gerwel Stigting en die Suidoosterfees pak vanjaar vir die eerste keer \u2019n program aan wat mentorskap bied aan beide opkomende liriekskrywers en sangers wat oorspronklike treffers in Afrikaans, Engels of isiXhosa skep<\/p>\n","protected":false,"raw":"Die Jakes Gerwel Stigting en die Suidoosterfees pak vanjaar vir die eerste keer \u2019n program aan wat mentorskap bied aan beide opkomende liriekskrywers en sangers wat oorspronklike treffers in Afrikaans, Engels of isiXhosa skep"},"author":2,"featured_media":1701,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_en_post_content":"The Jakes Gerwel Foundation and the Suidoosterfees are offering this year, for the first time, a mentorship programme for both upcoming lyricists and songwriters who create original works in Afrikaans, English or isiXhosa. This programme is an extension of the existing Suidoosterfees Talent Search that aims to find new, raw talent \u2013 be it in drama, song or dance \u2013 in the Western Cape region. This new programme focuses specifically on young artists who can benefit from the guidance and experience of a mentor in producing trendsetting hits. Frazer Barry, lead singer of Tribal Echo, is the mentor.\r\n\r\n&nbsp;\r\n\r\n<img class=\"alignnone size-full wp-image-1647\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/frazer1000.jpg\" alt=\"\" width=\"1000\" height=\"667\" \/>\r\n\r\nThe following five artists have been chosen to be part of this year\u2019s mentorship programme:\r\n\r\n<strong>Breyten Treurnicht<\/strong>\r\n\r\n<img class=\"alignnone size-full wp-image-1678\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/BreytenTreurnicht280_Fotor.jpg\" alt=\"\" width=\"280\" height=\"280\" \/>\r\n\r\nBreyten Treurnicht is a twenty-two-year-old artist, actor, musician and lyricist from Great Brak River. He sees his music as a way of breaking down various walls and of turning the pain, inner conflict and distress of our daily lives into something positive by facing these issues head-on.\r\n\r\n<strong>Brumelda Bell<\/strong>\r\n\r\n<img class=\"alignnone size-full wp-image-1679\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/BrumeldaBell280_Fotor.jpg\" alt=\"\" width=\"280\" height=\"280\" \/>\r\n\r\nBrumelda Bell from Montagu realised in 2015 that she has a talent for rap. She took part in the Talent Search Competition of the Suidoosterfees in 2019 and went through to the semi-final round. She hopes to make a further breakthrough to the world of music through participation in this development project.\r\n\r\n<strong>Grabriel Plaatjies <\/strong>\r\n\r\n<img class=\"alignnone size-full wp-image-1680\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/GabrielPlaatjies280_Fotor.jpg\" alt=\"\" width=\"280\" height=\"280\" \/>\r\n\r\nGabriel Plaatjies is a performance artist from Hankey in the Eastern Cape. Writing lyrics has opened up a new world for him \u2013 one of deep passion. He writes about the community in which he lives and can hardly wait to develop his talents further under mentorship.\r\n\r\n<strong>Naaim Briesies <\/strong>\r\n\r\n<img class=\"alignnone size-full wp-image-1681\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/NaaimBriesies280_Fotor.jpg\" alt=\"\" width=\"280\" height=\"280\" \/>\r\n\r\nNaaim Briesies is a twenty-four-year-old rapper, singer and poet focusing on gospel. He comes from Prince Albert in the Klein Karoo but, after school, he was involved for more than two years in Schools4Christ that spread the gospel in schools across South Africa. During this time his role was entertaining learners with spiritual rhythms and poetry. He currently manages the Youth Centre in Prince Albert for the Prince Albert Community Trust.\r\n\r\n<strong>Nicol Klopper<\/strong>\r\n\r\n<img class=\"alignnone size-full wp-image-1682\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/NicolKlopper280_Fotor.jpg\" alt=\"\" width=\"280\" height=\"280\" \/>\r\n\r\nNicol Klopper lives in Kommetjie in the Western Cape but is originally from Bloemfontein. He has a degree in BCom Marketing and currently works for an organisation in tourism. Since his high school days, writing lyrics has been his great passion. He finds it fascinating that you can write lyrics from your own perspective or world view and then share this with the others in this way.","_en_post_name":"mentorship-for-young-lyricists-and-songwriters","_en_post_excerpt":"","_en_post_title":"Mentorship for young lyricists and songwriters","_af_post_content":"Die Jakes Gerwel Stigting en die Suidoosterfees pak vanjaar vir die eerste keer \u2019n program aan wat mentorskap bied aan beide opkomende liriekskrywers en sangers wat oorspronklike treffers in Afrikaans, Engels of isiXhosa skep. Hierdie program is \u2019n uitbreiding van die Suidoosterfees se bestaande Talentsoektog wat jaarliks geloods word om nuwe, ongeslypte talent \u2013 hetsy in drama, sang of dans \u2013 in die Wes-Kaap te vind. Met die nuwe program word daar spesifiek gesoek na jong kunstenaars wat kan baat by die ervaring en leiding van \u2019n mentor om sodoende vars en treffende lirieke of liedjies te kan lewer. Frazer Barry van Tribal Echo is die mentor.\r\n\r\n&nbsp;\r\n\r\n<img class=\"alignnone size-full wp-image-1647\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/frazer1000.jpg\" sizes=\"(max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" srcset=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/frazer1000.jpg 1000w, https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/frazer1000-300x200.jpg 300w, https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/frazer1000-768x512.jpg 768w, https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/frazer1000-570x380.jpg 570w\" alt=\"\" width=\"1000\" height=\"667\" \/>\r\n\r\nDie volgende vyf kunstenaars is gekies om vanjaar deel te wees van hierdie opleidingsprojek:\r\n\r\n<strong>Breyten Treurnicht<\/strong>\r\n\r\n<img class=\"alignnone size-full wp-image-1678\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/BreytenTreurnicht280_Fotor.jpg\" sizes=\"(max-width: 280px) 100vw, 280px\" srcset=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/BreytenTreurnicht280_Fotor.jpg 280w, https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/BreytenTreurnicht280_Fotor-200x200.jpg 200w\" alt=\"\" width=\"280\" height=\"280\" \/>\r\n\r\nBreyten Treurnicht is \u2019n twee-en-twintigjarige kunstenaar, akteur, musikant en liedjieskrywer van Groot-Brakrivier. Hy beskou sy musiek as \u2019n manier om verskeie mure af te breek, om die ongemaklikhede, innerlike konflik en wroeging van ons daaglikse bestaan aan te spreek en te omskep in iets positiefs.\r\n\r\n<strong>Brumelda Bell<\/strong>\r\n\r\n<img class=\"alignnone size-full wp-image-1679\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/BrumeldaBell280_Fotor.jpg\" sizes=\"(max-width: 280px) 100vw, 280px\" srcset=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/BrumeldaBell280_Fotor.jpg 280w, https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/BrumeldaBell280_Fotor-200x200.jpg 200w\" alt=\"\" width=\"280\" height=\"280\" \/>\r\n\r\nBrumelda Bell van Montagu het in 2015 besef dat sy \u2019n gawe het vir rymklets. Sy het in 2019 aand die Suidoosterfees se Talentsoektog deelgeneem en deurgedring na die semi-finale rondte. Sy hoop om met hierdie ontwikkelingsprojek \u2019n verdere deurbraak te maak in die musiekw\u00eareld.\r\n\r\n<strong>Grabriel Plaatjies <\/strong>\r\n\r\n<img class=\"alignnone size-full wp-image-1680\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/GabrielPlaatjies280_Fotor.jpg\" sizes=\"(max-width: 280px) 100vw, 280px\" srcset=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/GabrielPlaatjies280_Fotor.jpg 280w, https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/GabrielPlaatjies280_Fotor-200x200.jpg 200w\" alt=\"\" width=\"280\" height=\"280\" \/>\r\n\r\nGabriel Plaatjies is \u2019n uitvoerende kunstenaar van Hankey in die Oos-Kaap. Die skryf van lirieke het vir hom \u2019n nuwe w\u00eareld oopgemaak \u2013 een van diep passie. Hy skryf oor die gemeenskap waar hy woon en kan nie wag om onder mentorskap sy talente uit te bou nie.\r\n\r\n<strong>Naaim Briesies <\/strong>\r\n\r\n<img class=\"alignnone size-full wp-image-1681\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/NaaimBriesies280_Fotor.jpg\" sizes=\"(max-width: 280px) 100vw, 280px\" srcset=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/NaaimBriesies280_Fotor.jpg 280w, https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/NaaimBriesies280_Fotor-200x200.jpg 200w\" alt=\"\" width=\"280\" height=\"280\" \/>\r\n\r\nNaaim Briesies is \u2019n vier-en-twintigjarige rymkletser, sanger en digter wat op gospel fokus. Hy kom van Prins Albert in die Klein-Karoo, maar was na skool vir meer as twee jaar betrokke by Schools4Christ wat die evangelie oraloor in Suid-Afrikaanse skole verkondig het. In hierdie tyd was sy rol om leerders te vermaak met geestelike ritme en po\u00ebsie. Hy bestuur tans die Jeugsentrum in Prins Albert onder die vaandel van die Prins Albert Gemeenskapstrust.\r\n\r\n<strong>Nicol Klopper<\/strong>\r\n\r\n<img class=\"alignnone size-full wp-image-1682\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/NicolKlopper280_Fotor.jpg\" sizes=\"(max-width: 280px) 100vw, 280px\" srcset=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/NicolKlopper280_Fotor.jpg 280w, https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/NicolKlopper280_Fotor-200x200.jpg 200w\" alt=\"\" width=\"280\" height=\"280\" \/>\r\n\r\nNicol Klopper woon in Kommetjie in die Wes-Kaap, maar is oorspronklik van Bloemfontein. Hy het \u2019n graad in BCom Bemarking en werk tans vir \u2019n maatskappy in die toerismebedryf. Lirieke skryf is sedert sy ho\u00ebrskooldae sy groot passie. Dit fassineer hom dat \u2019n mens lirieke kan skryf vanuit jou eie perspektief of lewensuitkyk en dit dan op hierdie manier met die w\u00eareld kan deel.","_af_post_name":"mentorskap-vir-jong-liriekskrywers","_af_post_excerpt":"Die Jakes Gerwel Stigting en die Suidoosterfees pak vanjaar vir die eerste keer \u2019n program aan wat mentorskap bied aan beide opkomende liriekskrywers en sangers wat oorspronklike treffers in Afrikaans, Engels of isiXhosa skep","_af_post_title":"Mentorskap vir jong liriekskrywers","edit_language":"af","_price":"","_stock":"","_tribe_ticket_header":"","_tribe_default_ticket_provider":"","_ticket_start_date":"","_ticket_end_date":"","_tribe_ticket_show_description":"","_tribe_ticket_show_not_going":false,"_tribe_ticket_use_global_stock":"","_tribe_ticket_global_stock_level":"","_global_stock_mode":"","_global_stock_cap":"","_tribe_rsvp_for_event":"","_tribe_ticket_going_count":"","_tribe_ticket_not_going_count":"","_tribe_tickets_list":"[]","_tribe_ticket_has_attendee_info_fields":false,"footnotes":""},"categories":[2],"tags":[],"class_list":{"0":"post-1700","1":"post","2":"type-post","3":"status-publish","4":"format-standard","5":"has-post-thumbnail","7":"category-news-photos","8":"czr-hentry"},"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1700","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1700"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1700\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1702,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1700\/revisions\/1702"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1701"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1700"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1700"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1700"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}