{"id":15052,"date":"2024-03-27T15:00:05","date_gmt":"2024-03-27T13:00:05","guid":{"rendered":"https:\/\/jgf.org.za\/?p=15052"},"modified":"2024-04-02T10:30:14","modified_gmt":"2024-04-02T08:30:14","slug":"persverklaring-skrywers-nuusmakers-en-nuusaandraers-by-jakes-gerwel-gesprekke-op-suidoosterfees","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/persverklaring-skrywers-nuusmakers-en-nuusaandraers-by-jakes-gerwel-gesprekke-op-suidoosterfees\/","title":{"rendered":"Persverklaring: Skrywers, nuusmakers en nuusaandraers by Jakes Gerwel-gesprekke op Suidoosterfees","raw":"Persverklaring: Skrywers, nuusmakers en nuusaandraers by Jakes Gerwel-gesprekke op Suidoosterfees"},"content":{"rendered":"<p style=\"font-weight: 400;\">Die 21ste Suidoosterfeesfees vind vanjaar van 26 April tot 1 Mei in Kaapstad se Artscape-teatersentrum plaas. Skrywers, joernaliste en nuusmakers gaan tydens die Jakes Gerwel-gespreksreeks gesels oor boeke en aktuele sake.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Alle aanbiedings is gratis, maar vooraf besprekings deur Webtickets is noodsaaklik. Die gesprekke word deur die Jakes Gerwel Stigting en die ATKV aangebied, en verskeie uitgewershuise en kultuurorganisasies neem deel.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-full wp-image-15060\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/Caster-Semenya.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"483\" \/>Onder die nuusmakers is Caster Semenya, wat met Koketso Sachane gaan gesels oor die troebel waters waardeur sy as atleet in die internasionale arena is. Haar sterstatus is oorskadu deur genadelose bespiegelinge oor haar vroulikheid, en dit het gelei tot \u2019n uitgerekte hofgeding nadat sy in 2020 verbied is om haar rekord by die Olimpiese Spele te verdedig. Semenya verbreek haar stilswye oor haar grootwordjare, haar seksualiteit en die stryd om haarself te wees.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Salim S. Abdool Karim, Suid-Afrika se leidende wetenskaplike raadgewer tydens die COVID-19-pandemie, kom lig die sluier op kontroversi\u00eble besluite wat agter die skerms tydens di\u00e9 onsekere tye geneem is. In <em>Standing up for Science<\/em> verduidelik hy aan Angelique Coetzee hoe die wetenskap ons kan help om die w\u00eareld se grootste uitdagings aan te pak.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Die tempo waarteen kunsmatige intelligensie deel van die alledaagse lewe word, is vir baie Suid-Afrikaners vreesaanjaend. Di\u00e9 verskynsel word onder die soeklig geplaas deur twee kenners: Arthur Goldstuck,skrywer van <em>The Hitchhiker\u2019s Guide to Artificial Intelligence<\/em>, en Kerushan Govender, skrywer van <em>Age of Agency<\/em>. In <em>Artificial Intelligence \u2013 Will it take over?<\/em> deel hulle gedagtes met Fred Roed en Kieno Kammies oor hoe di\u00e9 fenomeen tot die mensdom se voordeel ingespan kan word.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Legendariese verskilmakers in die land se geskiedenis, soos Koning Moshoeshoe, Olive Schreiner, Gandhi, Eug\u00e8ne Marais, Sol Plaatje, Miriam Makeba en Thuli Madonsela se bydraes word in o\u00ebnskou geneem tydens die praatjie <em>Legendes: Mandela, Makeba, Madonsela &amp; kie<\/em>. Matthew Blackman, Nick Dall en Dennis Cruywagen vertel waarom di\u00e9 mense Suid-Afrikaners vandag nog inspireer.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Geweld teen vroue, \u2019n maatskaplike doring in Suid-Afrika se vlees, word onder die soeklig geplaas tydens \u2019n gesprek wat Jody Hendricks lei met Marlene Mahokoto, Melene Rossouw en Bernard Lategan.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Politieke kwessies bly nie agterwe\u00eb nie. <em>In Coloured \u2013 hoe klassifisering kultuur geword het<\/em> kyk Tessa Dooms en Lynsey Ebony Chutel na die komplekse geskiedenis van bruin mense in die konteks van kolonialisme, slawerny en apartheid. Die fokus val op die onmisbare rol wat bruin mense in die toekoms van Suid-Afrika speel.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Met die algemene verkiesing om die draai kom partypolitiek onder die vergrootglas. Meningsvormers soos Roelf Meyer, Francis Petersen en Naidene Lottering kyk tegelyk in die truspie\u00ebl en in die kristalbal tydens die gesprek <em>Demokrasie: in die truspie\u00ebl &amp; die wapad<\/em>. En in <em>Hoe reboot ons SA?<\/em> vra Roy Havemann, Tessa Dooms en Dennis Davis hoe Suid-Afrika haarself kan regruk n\u00e1 die gemors wat deur staatskaping veroorsaak is.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Van die land se knapste joernaliste kom stel hul boeke bekend by die fees. Adriaan Basson en Qaanitah Hunter, skrywers van <em>Who will Rule South Africa?<\/em>, en Mills Soko, medeskrywer van <em>The Good, The Bad and The Ugly<\/em>, word deur Jan-Jan Joubert oor koalisiepolitiek en vreemde bedmaats uitgevra.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Mark Shaw, Rehana Rossouw, Caryn Dolley en Jeremy Vearey gesels in <em>Die Kaap van oorlo\u00eb<\/em> oor die geweld wat heers in die onderw\u00eareld van die poskaartmooi Moederstad. Die sprekers vlek misdade, organisasies en sindikate oop wat dood en verwoesting in een van die w\u00eareld se mooiste stede saai.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright size-full wp-image-15063\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/droomwerk.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"441\" \/>In <em>50 Lies that Made South Africa<\/em> tree Jonathan Ancer en Lester Kiewit in gesprek oor die mites, verdraaide waarhede en blatante leuens wat as evangelie oor die land se geskiedenis aanvaar word. Vir sy boek oor di\u00e9 onderwerp het Ancer wyd navorsing gedoen oor die fassinerende stories wat ons graag as die waarheid wil glo.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Die posisie van Afrikaans en die politieke kontroversie wat die geskiedenis van die taal kenmerk, kom onder bespreking tydens die Jakes Gerwel-herdenkingsgeleentheid. Gerwel, een van die Suidoosterfees se prominentste stigterslede, se visie van Afrikaans as instrument van versoening en insluiting, is vandag steeds \u2019n fondament waarop die fees se aktiwiteite gebou is.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">In die paneelgesprek <em>Afrikaans amptelik 100 \u2013 vier ons of verdeel ons?<\/em> besin sprekers oor die 100-jarige vieringe van Afrikaans as \u2019n amptelike taal wat vir 2025 beplan word. RSG se Martelize Brink lei die bespreking met Donovan Lawrence, Earl-Ray Basson, Rene Arendse en Giep van Zyl oor die omstredenheid wat Afrikaans se amptelike status in die geskiedenis kenmerk. Arendse en Van Zyl verduidelik hoe die verklaring van Afrikaans as amptelike taal in 1925 deur regeringslui wat tegelyk besig was om diskriminerende wetgewing deur te voer, as vertrekpunt van die beoogde viering kan dien sonder om aanstoot te gee.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Afrikaanse skrywers wat die letterkunde verruim met stories en verhale in verskeie vari\u00ebteite van die taal, gaan sorg vir lewendige besprekings wanneer hul jongste publikasies bekend gestel word.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Nathan Trantraal is teenwoordig met sy grafiese roman <em>Die man wattie kinnes vang<\/em>, wat handel oor \u2019n reeksmoordenaar, die Railway Ripper, wat bruin seuns vermoor en in sandduine op die Kaapse Vlakte begrawe. Die skrywers Charmaine Africa en Ronelda Kamfer, onderskeidelik Trantraal se moeder en vrou, is ook op die program. Africa se aangrypende memoir, <em>Amma<\/em>, het onlangs verskyn. Kamfer lei die gesprek met haar skoonma en Gaireyah Fredericks, wie se Afrikaapse kortverhaalbundel, <em>Een voet innie kabr<\/em>, pols van Kaaps-Maleise invloede.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans bring vir Belinda Kruiper en Lyntjie Jaars saam op die verhoog. Die stigting het <em>Kalahari-waarheid<\/em> gepubliseer, wat handel oor die interessante lewe van Kruiper wat die Kgalagadi-Boesmans se vertroue gewen en hulle met grondeise bygestaan het. Die boek bevat ook pragtige Kalahari-stories wat om kampvure vertel word.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-full wp-image-15070\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/Phoebe-cover.png\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"463\" \/>Phoebe Gerwel, weduwee van die man na wie die gespreksreeks vernoem is, se memoir word ook bekend gestel. Haidee Muller-Isaacs van RSG is in gesprek met Phoebe en Rachelle Greeff, skrywer van <em>Phoebe: \u2019n Lewe saam met Jakes Gerwel<\/em>, oor Phoebe se opwindende lewe, asook haar lewenslange stryd teen bipol\u00eare gemoedsteuring.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Die bekroonde digter en dramaturg Pieter Odendaal word deur Herschelle Benjamin uitgevra oor sy verhoogdrama <em>Droomwerk <\/em>wat vanjaar by die Suidoosterfees opgevoer word. Die hoofkarakters in die drama is losweg gegrond op Odendaal se oupa, \u2019n apartheidsenator in die jare sewentig, en sy stammoeder, Diana van Madagaskar, die 17de-eeuse slavin wat haar dogter Susanna moes weggee aan die Europe\u00ebrs. Onderwerpe soos die soeke na identiteit en die verwerking van historiese trauma kom aan die bod.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Diana Ferrus, Anzil Kulsen en Andr\u00e9 Hendricks kom gesels oor die manier waarop boeke mense kan help om die w\u00eareld beter te verstaan, en hoe dit veral vir mans leiding kan gee om hul plek in gemeenskappe op \u2019n verantwoordelike manier in te neem. <em>Wat is j\u00f3\u00fa storie?<\/em> word deur die Vriende van Afrikaans na die feesverhoog gebring met Chareldine van der Merwe as gespreksleier.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Jeugboekskrywers Fiona van Kerwel, Crystal-Donna Roberts en Th\u00e9r\u00e8se Hulme deel hul indrukke oor die mark vir jong lesers. Roberts is bekend vir haar <em>Speurder Sammi<\/em>-reeks en Van Kerwel se versamelbundel met verhale vir jong lesers, <em>Le\u00eb blikkies vol liefde<\/em>, het onlangs verskyn. Th\u00e9r\u00e8se Hulme, skrywer van <em>Praat jy!<\/em> en fasiliteerder van die Jakes Gerwel Stigting se narratiewe leerprojek vir leerders van die Kaapse Vlakte, lei die gesprek <em>Blom die lesers soos die boeke?<\/em><\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">In die sessie <em>In stede van stories<\/em> vertel die skrywers Wisani Mushwana (<em>Soft Landing<\/em>), Megan Choritz (<em>Lost Property<\/em>) en Alistair Mackay (<em>It Doesn\u2019t Have to Be This Way<\/em>) hoe dinge wat in die hoof- en systrate van stede gebeur, aanleiding gee tot onvergeetlike passasies in boeke. Die skrywers gesels met Lebo Mazibuko, \u2019n voormalige deelnemer aan die Jakes Gerwel Stigting se mentorskapprogram en die skrywer van <em>Bantu Knots<\/em>.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Die volledige program van die Jakes Gerwel-gespreksreeks is beskikbaar op <a href=\"http:\/\/www.suidoosterfees.co.za\/\">www.suidoosterfees.co.za<\/a>. Feesgangers sal \u2019n bewys van besprekings op hul selfone ontvang wat by die ingang na gesprekke vertoon word. Boeke van skrywers op die program word by die venue verkoop.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Die gespreksreeks word na die Suidoosterfees gebring deur die Jakes Gerwel Stigting en die ATKV, en dit word ondersteun deur NB-Uitgewers, Jonathan Ball, Penguin Random House SA, Pan Macmillan SA, Naledi, Flyleaf, Protea Boekhuis, Boekdiva, Jacana, Maverick 451, Vriende van Afrikaans en die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA).<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Die Suidoosterfees word geborg deur die Departement van Sport, Kuns en Kultuur; die Wes-Kaapse Departement van Kultuursake en Sport; Stad Kaapstad; Netwerk24; <em>Die Burger<\/em>; NATi; kykNET; die ATKV en Artscape.<\/p>\n","protected":false,"raw":"<p style=\"font-weight: 400;\">Die 21ste Suidoosterfeesfees vind vanjaar van 26 April tot 1 Mei in Kaapstad se Artscape-teatersentrum plaas. Skrywers, joernaliste en nuusmakers gaan tydens die Jakes Gerwel-gespreksreeks gesels oor boeke en aktuele sake.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Alle aanbiedings is gratis, maar vooraf besprekings deur Webtickets is noodsaaklik. Die gesprekke word deur die Jakes Gerwel Stigting en die ATKV aangebied, en verskeie uitgewershuise en kultuurorganisasies neem deel.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\"><img class=\"alignleft size-full wp-image-15060\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/Caster-Semenya.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"483\" \/>Onder die nuusmakers is Caster Semenya, wat met Koketso Sachane gaan gesels oor die troebel waters waardeur sy as atleet in die internasionale arena is. Haar sterstatus is oorskadu deur genadelose bespiegelinge oor haar vroulikheid, en dit het gelei tot \u2019n uitgerekte hofgeding nadat sy in 2020 verbied is om haar rekord by die Olimpiese Spele te verdedig. Semenya verbreek haar stilswye oor haar grootwordjare, haar seksualiteit en die stryd om haarself te wees.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Salim S. Abdool Karim, Suid-Afrika se leidende wetenskaplike raadgewer tydens die COVID-19-pandemie, kom lig die sluier op kontroversi\u00eble besluite wat agter die skerms tydens di\u00e9 onsekere tye geneem is. In <em>Standing up for Science<\/em> verduidelik hy aan Angelique Coetzee hoe die wetenskap ons kan help om die w\u00eareld se grootste uitdagings aan te pak.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Die tempo waarteen kunsmatige intelligensie deel van die alledaagse lewe word, is vir baie Suid-Afrikaners vreesaanjaend. Di\u00e9 verskynsel word onder die soeklig geplaas deur twee kenners: Arthur Goldstuck,skrywer van <em>The Hitchhiker\u2019s Guide to Artificial Intelligence<\/em>, en Kerushan Govender, skrywer van <em>Age of Agency<\/em>. In <em>Artificial Intelligence \u2013 Will it take over?<\/em> deel hulle gedagtes met Fred Roed en Kieno Kammies oor hoe di\u00e9 fenomeen tot die mensdom se voordeel ingespan kan word.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Legendariese verskilmakers in die land se geskiedenis, soos Koning Moshoeshoe, Olive Schreiner, Gandhi, Eug\u00e8ne Marais, Sol Plaatje, Miriam Makeba en Thuli Madonsela se bydraes word in o\u00ebnskou geneem tydens die praatjie <em>Legendes: Mandela, Makeba, Madonsela &amp; kie<\/em>. Matthew Blackman, Nick Dall en Dennis Cruywagen vertel waarom di\u00e9 mense Suid-Afrikaners vandag nog inspireer.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Geweld teen vroue, \u2019n maatskaplike doring in Suid-Afrika se vlees, word onder die soeklig geplaas tydens \u2019n gesprek wat Jody Hendricks lei met Marlene Mahokoto, Melene Rossouw en Bernard Lategan.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Politieke kwessies bly nie agterwe\u00eb nie. <em>In Coloured \u2013 hoe klassifisering kultuur geword het<\/em> kyk Tessa Dooms en Lynsey Ebony Chutel na die komplekse geskiedenis van bruin mense in die konteks van kolonialisme, slawerny en apartheid. Die fokus val op die onmisbare rol wat bruin mense in die toekoms van Suid-Afrika speel.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Met die algemene verkiesing om die draai kom partypolitiek onder die vergrootglas. Meningsvormers soos Roelf Meyer, Francis Petersen en Naidene Lottering kyk tegelyk in die truspie\u00ebl en in die kristalbal tydens die gesprek <em>Demokrasie: in die truspie\u00ebl &amp; die wapad<\/em>. En in <em>Hoe reboot ons SA?<\/em> vra Roy Havemann, Tessa Dooms en Dennis Davis hoe Suid-Afrika haarself kan regruk n\u00e1 die gemors wat deur staatskaping veroorsaak is.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Van die land se knapste joernaliste kom stel hul boeke bekend by die fees. Adriaan Basson en Qaanitah Hunter, skrywers van <em>Who will Rule South Africa?<\/em>, en Mills Soko, medeskrywer van <em>The Good, The Bad and The Ugly<\/em>, word deur Jan-Jan Joubert oor koalisiepolitiek en vreemde bedmaats uitgevra.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Mark Shaw, Rehana Rossouw, Caryn Dolley en Jeremy Vearey gesels in <em>Die Kaap van oorlo\u00eb<\/em> oor die geweld wat heers in die onderw\u00eareld van die poskaartmooi Moederstad. Die sprekers vlek misdade, organisasies en sindikate oop wat dood en verwoesting in een van die w\u00eareld se mooiste stede saai.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\"><img class=\"alignright size-full wp-image-15063\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/droomwerk.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"441\" \/>In <em>50 Lies that Made South Africa<\/em> tree Jonathan Ancer en Lester Kiewit in gesprek oor die mites, verdraaide waarhede en blatante leuens wat as evangelie oor die land se geskiedenis aanvaar word. Vir sy boek oor di\u00e9 onderwerp het Ancer wyd navorsing gedoen oor die fassinerende stories wat ons graag as die waarheid wil glo.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Die posisie van Afrikaans en die politieke kontroversie wat die geskiedenis van die taal kenmerk, kom onder bespreking tydens die Jakes Gerwel-herdenkingsgeleentheid. Gerwel, een van die Suidoosterfees se prominentste stigterslede, se visie van Afrikaans as instrument van versoening en insluiting, is vandag steeds \u2019n fondament waarop die fees se aktiwiteite gebou is.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">In die paneelgesprek <em>Afrikaans amptelik 100 \u2013 vier ons of verdeel ons?<\/em> besin sprekers oor die 100-jarige vieringe van Afrikaans as \u2019n amptelike taal wat vir 2025 beplan word. RSG se Martelize Brink lei die bespreking met Donovan Lawrence, Earl-Ray Basson, Rene Arendse en Giep van Zyl oor die omstredenheid wat Afrikaans se amptelike status in die geskiedenis kenmerk. Arendse en Van Zyl verduidelik hoe die verklaring van Afrikaans as amptelike taal in 1925 deur regeringslui wat tegelyk besig was om diskriminerende wetgewing deur te voer, as vertrekpunt van die beoogde viering kan dien sonder om aanstoot te gee.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Afrikaanse skrywers wat die letterkunde verruim met stories en verhale in verskeie vari\u00ebteite van die taal, gaan sorg vir lewendige besprekings wanneer hul jongste publikasies bekend gestel word.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Nathan Trantraal is teenwoordig met sy grafiese roman <em>Die man wattie kinnes vang<\/em>, wat handel oor \u2019n reeksmoordenaar, die Railway Ripper, wat bruin seuns vermoor en in sandduine op die Kaapse Vlakte begrawe. Die skrywers Charmaine Africa en Ronelda Kamfer, onderskeidelik Trantraal se moeder en vrou, is ook op die program. Africa se aangrypende memoir, <em>Amma<\/em>, het onlangs verskyn. Kamfer lei die gesprek met haar skoonma en Gaireyah Fredericks, wie se Afrikaapse kortverhaalbundel, <em>Een voet innie kabr<\/em>, pols van Kaaps-Maleise invloede.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans bring vir Belinda Kruiper en Lyntjie Jaars saam op die verhoog. Die stigting het <em>Kalahari-waarheid<\/em> gepubliseer, wat handel oor die interessante lewe van Kruiper wat die Kgalagadi-Boesmans se vertroue gewen en hulle met grondeise bygestaan het. Die boek bevat ook pragtige Kalahari-stories wat om kampvure vertel word.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\"><img class=\"alignleft size-full wp-image-15070\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/Phoebe-cover.png\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"463\" \/>Phoebe Gerwel, weduwee van die man na wie die gespreksreeks vernoem is, se memoir word ook bekend gestel. Haidee Muller-Isaacs van RSG is in gesprek met Phoebe en Rachelle Greeff, skrywer van <em>Phoebe: \u2019n Lewe saam met Jakes Gerwel<\/em>, oor Phoebe se opwindende lewe, asook haar lewenslange stryd teen bipol\u00eare gemoedsteuring.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Die bekroonde digter en dramaturg Pieter Odendaal word deur Herschelle Benjamin uitgevra oor sy verhoogdrama <em>Droomwerk <\/em>wat vanjaar by die Suidoosterfees opgevoer word. Die hoofkarakters in die drama is losweg gegrond op Odendaal se oupa, \u2019n apartheidsenator in die jare sewentig, en sy stammoeder, Diana van Madagaskar, die 17de-eeuse slavin wat haar dogter Susanna moes weggee aan die Europe\u00ebrs. Onderwerpe soos die soeke na identiteit en die verwerking van historiese trauma kom aan die bod.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Diana Ferrus, Anzil Kulsen en Andr\u00e9 Hendricks kom gesels oor die manier waarop boeke mense kan help om die w\u00eareld beter te verstaan, en hoe dit veral vir mans leiding kan gee om hul plek in gemeenskappe op \u2019n verantwoordelike manier in te neem. <em>Wat is j\u00f3\u00fa storie?<\/em> word deur die Vriende van Afrikaans na die feesverhoog gebring met Chareldine van der Merwe as gespreksleier.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Jeugboekskrywers Fiona van Kerwel, Crystal-Donna Roberts en Th\u00e9r\u00e8se Hulme deel hul indrukke oor die mark vir jong lesers. Roberts is bekend vir haar <em>Speurder Sammi<\/em>-reeks en Van Kerwel se versamelbundel met verhale vir jong lesers, <em>Le\u00eb blikkies vol liefde<\/em>, het onlangs verskyn. Th\u00e9r\u00e8se Hulme, skrywer van <em>Praat jy!<\/em> en fasiliteerder van die Jakes Gerwel Stigting se narratiewe leerprojek vir leerders van die Kaapse Vlakte, lei die gesprek <em>Blom die lesers soos die boeke?<\/em><\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">In die sessie <em>In stede van stories<\/em> vertel die skrywers Wisani Mushwana (<em>Soft Landing<\/em>), Megan Choritz (<em>Lost Property<\/em>) en Alistair Mackay (<em>It Doesn\u2019t Have to Be This Way<\/em>) hoe dinge wat in die hoof- en systrate van stede gebeur, aanleiding gee tot onvergeetlike passasies in boeke. Die skrywers gesels met Lebo Mazibuko, \u2019n voormalige deelnemer aan die Jakes Gerwel Stigting se mentorskapprogram en die skrywer van <em>Bantu Knots<\/em>.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Die volledige program van die Jakes Gerwel-gespreksreeks is beskikbaar op <a href=\"http:\/\/www.suidoosterfees.co.za\/\">www.suidoosterfees.co.za<\/a>. Feesgangers sal \u2019n bewys van besprekings op hul selfone ontvang wat by die ingang na gesprekke vertoon word. Boeke van skrywers op die program word by die venue verkoop.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Die gespreksreeks word na die Suidoosterfees gebring deur die Jakes Gerwel Stigting en die ATKV, en dit word ondersteun deur NB-Uitgewers, Jonathan Ball, Penguin Random House SA, Pan Macmillan SA, Naledi, Flyleaf, Protea Boekhuis, Boekdiva, Jacana, Maverick 451, Vriende van Afrikaans en die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA).<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Die Suidoosterfees word geborg deur die Departement van Sport, Kuns en Kultuur; die Wes-Kaapse Departement van Kultuursake en Sport; Stad Kaapstad; Netwerk24; <em>Die Burger<\/em>; NATi; kykNET; die ATKV en Artscape.<\/p>"},"excerpt":{"rendered":"","protected":false,"raw":""},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_en_post_content":"<p style=\"font-weight: 400;\">The 21st Suidoosterfees will be held at Artscape in Cape Town from 26 April to 1 May 2024. Authors, journalists and newsmakers will talk about new books and current affairs during the Jakes Gerwel Discussion series.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Entry to all discussions is free, but prior booking through Webtickets is essential. The series is presented by the Jakes Gerwel Foundation and the ATKV, with various publishers and cultural organisations participating.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\"><img class=\"alignleft size-full wp-image-15060\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/Caster-Semenya.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"483\" \/>Among the newsmakers on the programme is Caster Semenya, who will be in conversation with Koketso Sachane about the troubled waters she experienced in the international athletics arena. Caster\u2019s stardom has been overshadowed by merciless speculations about her womanhood, leading to a lengthy court battle after she was denied the opportunity to defend her record at the Olympic Games in 2020. Semenya breaks her silence about her upbringing, her sexuality and the fight to be herself.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Salim S Abdool Karim, South Africa\u2019s leading scientific adviser during the COVID-19 pandemic, will lift the veil on controversial decisions made behind the scenes during this uncertain period. In <em>Standing up for Science<\/em> he will explain to Angelique Coetzee how science can help us to counter the world\u2019s most daunting challenges.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">The way in which artificial intelligence is becoming part of everyday life is a source of fear for many South Africans. The topic is examined by two experts: Arthur Goldstuck, author of <em>The Hitchhiker\u2019s Guide to Artificial Intelligence<\/em> and Kerushan Govender, author of <em>Age of Agency<\/em>. In <em>Artificial Intelligence \u2013 Will it take over?<\/em> they will share their thoughts with Fred Roed and Kieno Kammies on how this phenomenon can used to our advantage.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">The influence of legendary gamechangers in South African history, such as King Moshoeshoe, Olive Schreiner, Gandhi, Eug\u00e8ne Marais, Sol Plaatje, Miriam Makeba and Thuli Madonsela, will be discussed in <em>Legends: Mandela, Makeba, Madonsela &amp; Co<\/em>. Matthew Blackman, Nick Dall and Dennis Cruywagen will remind festivalgoers why these individuals still inspire South Africans today.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Violence against women, a thorny issue in our society, is examined in a discussion by Jody Hendricks with Marlene Mahokoto, Melene Rossouw and Bernard Lategan.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Politics is also on the agenda. In <em>Coloured \u2013 how classification became culture,<\/em> Tessa Dooms and Lynsey Ebony Chutel will look at the complex history of Coloured people in the wake of colonialism, slavery and apartheid. They will focus on the vitally important role of Coloured people in the future of the country.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">With the general election upon us, party politics will also be scrutinised. Opinionmakers Roelf Meyer, Francis Petersen and Naidene Lottering will look at the future of our young democracy and what potholes should be avoided in <em>Demokrasie: in die truspie\u00ebl &amp; die wapad<\/em>. And in <em>How do we reboot SA?<\/em>, Roy Havemann, Tessa Dooms and Dennis Davis will ask how South Africa will raise itself from the ruins of state capture.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Some of the country\u2019s leading journalists will launch new books at the festival. Adriaan Basson and Qaanitah Hunter, authors of <em>Who will Rule South Africa?<\/em>, and Mills Soko, fellow writer of <em>The Good, The Bad and The Ugly<\/em>, will be brain-picked by Jan-Jan Joubert on issues like coalition politics.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Mark Shaw, Rehana Rossouw, Caryn Dolley and Jeremy Vearey will participate in <em>The Cape of wars<\/em> as they discuss the reign of violence in the underbelly of picturesque Cape Town. The panellists will shed light on crimes, organisations and syndicates responsible for death and destruction in one of the world\u2019s most beautiful cities.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\"><img class=\"size-full wp-image-15063 alignright\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/droomwerk.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"441\" \/>In <em>50 Lies that Made South Africa<\/em>, Jonathan Ancer and Lester Kiewit will discuss the myths, alternative truths and blatant lies accepted as gospel in narratives about the country\u2019s history. For his book on the topic, Ancer conducted comprehensive research to get to the truth behind these fascinating stories.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">The position of Afrikaans and the political controversies characterising the history of the language, are examined during the Jakes Gerwel Commemoration event. Gerwel, one of the Suidoosterfees founders, had a vision of Afrikaans as an instrument of reconciliation and inclusivity, which to this day serves as the foundation of all festival activities.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">In the panel discussion <em>Afrikaans amptelik 100 \u2013 vier ons of verdeel ons?<\/em>, participants will share views on the centenary festivities, planned for 2025, to commemorate the status of Afrikaans as an official language. RSG presenter Martelize Brink will chair the discussion with Donovan Lawrence, Earl-Ray Basson, Rene Arendse and Giep van Zyl. Arendse and Van Zyl will explain how the 1925 declaration of Afrikaans as an official language by politicians responsible for discriminatory laws can still serve as departure point for the centenary without offending speakers of the language.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Afrikaans authors who enrich literature with stories in various language variants will launch new publications during the discussion series.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Nathan Trantraal is on the programme with <em>Die man wattie kinnes vang<\/em>, his graphic novel about a serial killer, The Railway Ripper, who murders Coloured boys and bury them in shallow graves on the Cape Flats. Trantraal\u2019s mother and wife, authors Charmaine Africa and Ronelda Kamfer, are also included in the line-up. Africa\u2019s gripping memoir, <em>Amma<\/em>, was published recently. Kamfer will lead a discussion with her mother-in-law and Gaireyah Fredericks, whose short story collection in Cape Afrikaans,<em> Een voet innie kabr<\/em>, pulsates with Cape Malay influences.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">The Foundation for Empowerment through Afrikaans (SBA) will introduce Belinda Kruiper and Lyntjie Jaars on the festival stage. The foundation published <em>Kalahari-waarheid<\/em>, a book about Kruiper\u2019s eventful life with the Kgalagadi Bushmen. It tells how Kruiper gained the trust of the Bushmen and supported them with land claim initiatives. The book also contains beautiful traditional Kalahari tales that are shared by communities around the campfire.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\"><img class=\"alignleft size-full wp-image-15070\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/Phoebe-cover.png\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"463\" \/>The memoir of Phoebe Gerwel, widow of the man whose name is associated with the discussion series, will also be launched. RSG\u2019s Haidee Muller-Isaacs will host Phoebe and Rachelle Greeff, author of <em>Phoebe: \u2019n Lewe saam met Jakes Gerwel<\/em>, to discuss Phoebe\u2019s eventful life and her life-long battle with bipolar disorder.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Award-winning poet and playwright Pieter Odendaal will be interviewed by Herschelle Benjamin about <em>Droomwerk<\/em>, Pieter\u2019s play on the festival\u2019s theatre programme. The main characters are loosely based on the author\u2019s grandfather, an apartheid senator in the 70s, and his ancestral grandmother, Diana van Madagascar, the 17th-century slave who had to give her daughter to the Europeans. Topics include the search for identity and processing trauma from the past.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Diana Ferrus, Anzil Kulsen and Andr\u00e9 Hendricks will take the stage to discuss the role books play in helping us to better understand the world, and how it can inspire men to assume their responsibilities in communities in an accountable manner. <em>Wat is j\u00f3\u00fa storie?<\/em> is presented by Vriende van Afrikaans, with Chareldine van der Merwe as the host.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Youth book authors Fiona van Kerwel, Crystal-Donna Roberts and Th\u00e9r\u00e8se Hulme will share their impressions of the market for young readers. Roberts is known for her <em>Speurder Sammi<\/em> series and Van Kerwel\u2019s collection of stories for young readers, <em>Le\u00eb blikkies vol liefde<\/em>, was published recently. Th\u00e9r\u00e8se Hulme, author of <em>My word!<\/em> and facilitator of the Jakes Gerwel Foundation\u2019s narrative learning initiative in the Cape Flats, will lead the discussion in <em>Blom die lesers soos die boeke?<\/em><\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">During the session <em>In Cities of Stories<\/em>, authors Wisani Mushwana (<em>Soft Landing<\/em>), Megan Choritz (<em>Lost Property<\/em>) and Alistair Mackay (<em>It Doesn\u2019t Have to Be This Way<\/em>) will talk about how events in city streets and alleys eventually end up as unforgettable passages in books. They will be in conversation with Lebo Mazibuko, former attendee of the Jakes Gerwel Foundation\u2019s mentorship programme and author of <em>Bantu Knots<\/em>.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">The complete Jakes Gerwel Discussions programme is available on <a href=\"http:\/\/www.suidoosterfees.co.za\/\">www.suidoosterfees.co.za<\/a>. Festivalgoers will have free access to the conversations after receiving booking confirmation on their cell phones and showing it at the venue door. Books by authors will be on sale at the venue.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">The Jakes Gerwel Discussions are brought to Suidoosterfees by the Jakes Gerwel Foundation and the ATKV, and it is supported by NB Publishers, Jonathan Ball, Penguin Random House SA, Pan Macmillan SA, Naledi, Flyleaf, Protea Books, Boekdiva, Jacana, Maverick 451, Vriende van Afrikaans and The Foundation for Empowerment through Afrikaans (SBA).<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">The festival\u2019s main sponsors are the Department of Sport, Arts and Culture; the Western Cape Department of Cultural Affairs and Sport; City of Cape Town; Netwerk24; <em>Die Burger<\/em>; NATi; kykNET; the ATKV and Artscape.<\/p>","_en_post_name":"press-release-writers-newsmakers-and-reporters-at-suidoosterfees-jakes-gerwel-discussions","_en_post_excerpt":"","_en_post_title":"Press release: Writers, newsmakers and reporters at Suidoosterfees\u2019 Jakes Gerwel Discussions","_af_post_content":"<p style=\"font-weight: 400;\">Die 21ste Suidoosterfeesfees vind vanjaar van 26 April tot 1 Mei in Kaapstad se Artscape-teatersentrum plaas. Skrywers, joernaliste en nuusmakers gaan tydens die Jakes Gerwel-gespreksreeks gesels oor boeke en aktuele sake.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Alle aanbiedings is gratis, maar vooraf besprekings deur Webtickets is noodsaaklik. Die gesprekke word deur die Jakes Gerwel Stigting en die ATKV aangebied, en verskeie uitgewershuise en kultuurorganisasies neem deel.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\"><img class=\"alignleft size-full wp-image-15060\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/Caster-Semenya.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"483\" \/>Onder die nuusmakers is Caster Semenya, wat met Koketso Sachane gaan gesels oor die troebel waters waardeur sy as atleet in die internasionale arena is. Haar sterstatus is oorskadu deur genadelose bespiegelinge oor haar vroulikheid, en dit het gelei tot \u2019n uitgerekte hofgeding nadat sy in 2020 verbied is om haar rekord by die Olimpiese Spele te verdedig. Semenya verbreek haar stilswye oor haar grootwordjare, haar seksualiteit en die stryd om haarself te wees.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Salim S. Abdool Karim, Suid-Afrika se leidende wetenskaplike raadgewer tydens die COVID-19-pandemie, kom lig die sluier op kontroversi\u00eble besluite wat agter die skerms tydens di\u00e9 onsekere tye geneem is. In <em>Standing up for Science<\/em> verduidelik hy aan Angelique Coetzee hoe die wetenskap ons kan help om die w\u00eareld se grootste uitdagings aan te pak.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Die tempo waarteen kunsmatige intelligensie deel van die alledaagse lewe word, is vir baie Suid-Afrikaners vreesaanjaend. Di\u00e9 verskynsel word onder die soeklig geplaas deur twee kenners: Arthur Goldstuck,skrywer van <em>The Hitchhiker\u2019s Guide to Artificial Intelligence<\/em>, en Kerushan Govender, skrywer van <em>Age of Agency<\/em>. In <em>Artificial Intelligence \u2013 Will it take over?<\/em> deel hulle gedagtes met Fred Roed en Kieno Kammies oor hoe di\u00e9 fenomeen tot die mensdom se voordeel ingespan kan word.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Legendariese verskilmakers in die land se geskiedenis, soos Koning Moshoeshoe, Olive Schreiner, Gandhi, Eug\u00e8ne Marais, Sol Plaatje, Miriam Makeba en Thuli Madonsela se bydraes word in o\u00ebnskou geneem tydens die praatjie <em>Legendes: Mandela, Makeba, Madonsela &amp; kie<\/em>. Matthew Blackman, Nick Dall en Dennis Cruywagen vertel waarom di\u00e9 mense Suid-Afrikaners vandag nog inspireer.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Geweld teen vroue, \u2019n maatskaplike doring in Suid-Afrika se vlees, word onder die soeklig geplaas tydens \u2019n gesprek wat Jody Hendricks lei met Marlene Mahokoto, Melene Rossouw en Bernard Lategan.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Politieke kwessies bly nie agterwe\u00eb nie. <em>In Coloured \u2013 hoe klassifisering kultuur geword het<\/em> kyk Tessa Dooms en Lynsey Ebony Chutel na die komplekse geskiedenis van bruin mense in die konteks van kolonialisme, slawerny en apartheid. Die fokus val op die onmisbare rol wat bruin mense in die toekoms van Suid-Afrika speel.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Met die algemene verkiesing om die draai kom partypolitiek onder die vergrootglas. Meningsvormers soos Roelf Meyer, Francis Petersen en Naidene Lottering kyk tegelyk in die truspie\u00ebl en in die kristalbal tydens die gesprek <em>Demokrasie: in die truspie\u00ebl &amp; die wapad<\/em>. En in <em>Hoe reboot ons SA?<\/em> vra Roy Havemann, Tessa Dooms en Dennis Davis hoe Suid-Afrika haarself kan regruk n\u00e1 die gemors wat deur staatskaping veroorsaak is.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Van die land se knapste joernaliste kom stel hul boeke bekend by die fees. Adriaan Basson en Qaanitah Hunter, skrywers van <em>Who will Rule South Africa?<\/em>, en Mills Soko, medeskrywer van <em>The Good, The Bad and The Ugly<\/em>, word deur Jan-Jan Joubert oor koalisiepolitiek en vreemde bedmaats uitgevra.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Mark Shaw, Rehana Rossouw, Caryn Dolley en Jeremy Vearey gesels in <em>Die Kaap van oorlo\u00eb<\/em> oor die geweld wat heers in die onderw\u00eareld van die poskaartmooi Moederstad. Die sprekers vlek misdade, organisasies en sindikate oop wat dood en verwoesting in een van die w\u00eareld se mooiste stede saai.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\"><img class=\"alignright size-full wp-image-15063\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/droomwerk.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"441\" \/>In <em>50 Lies that Made South Africa<\/em> tree Jonathan Ancer en Lester Kiewit in gesprek oor die mites, verdraaide waarhede en blatante leuens wat as evangelie oor die land se geskiedenis aanvaar word. Vir sy boek oor di\u00e9 onderwerp het Ancer wyd navorsing gedoen oor die fassinerende stories wat ons graag as die waarheid wil glo.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Die posisie van Afrikaans en die politieke kontroversie wat die geskiedenis van die taal kenmerk, kom onder bespreking tydens die Jakes Gerwel-herdenkingsgeleentheid. Gerwel, een van die Suidoosterfees se prominentste stigterslede, se visie van Afrikaans as instrument van versoening en insluiting, is vandag steeds \u2019n fondament waarop die fees se aktiwiteite gebou is.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">In die paneelgesprek <em>Afrikaans amptelik 100 \u2013 vier ons of verdeel ons?<\/em> besin sprekers oor die 100-jarige vieringe van Afrikaans as \u2019n amptelike taal wat vir 2025 beplan word. RSG se Martelize Brink lei die bespreking met Donovan Lawrence, Earl-Ray Basson, Rene Arendse en Giep van Zyl oor die omstredenheid wat Afrikaans se amptelike status in die geskiedenis kenmerk. Arendse en Van Zyl verduidelik hoe die verklaring van Afrikaans as amptelike taal in 1925 deur regeringslui wat tegelyk besig was om diskriminerende wetgewing deur te voer, as vertrekpunt van die beoogde viering kan dien sonder om aanstoot te gee.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Afrikaanse skrywers wat die letterkunde verruim met stories en verhale in verskeie vari\u00ebteite van die taal, gaan sorg vir lewendige besprekings wanneer hul jongste publikasies bekend gestel word.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Nathan Trantraal is teenwoordig met sy grafiese roman <em>Die man wattie kinnes vang<\/em>, wat handel oor \u2019n reeksmoordenaar, die Railway Ripper, wat bruin seuns vermoor en in sandduine op die Kaapse Vlakte begrawe. Die skrywers Charmaine Africa en Ronelda Kamfer, onderskeidelik Trantraal se moeder en vrou, is ook op die program. Africa se aangrypende memoir, <em>Amma<\/em>, het onlangs verskyn. Kamfer lei die gesprek met haar skoonma en Gaireyah Fredericks, wie se Afrikaapse kortverhaalbundel, <em>Een voet innie kabr<\/em>, pols van Kaaps-Maleise invloede.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans bring vir Belinda Kruiper en Lyntjie Jaars saam op die verhoog. Die stigting het <em>Kalahari-waarheid<\/em> gepubliseer, wat handel oor die interessante lewe van Kruiper wat die Kgalagadi-Boesmans se vertroue gewen en hulle met grondeise bygestaan het. Die boek bevat ook pragtige Kalahari-stories wat om kampvure vertel word.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\"><img class=\"alignleft size-full wp-image-15070\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/Phoebe-cover.png\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"463\" \/>Phoebe Gerwel, weduwee van die man na wie die gespreksreeks vernoem is, se memoir word ook bekend gestel. Haidee Muller-Isaacs van RSG is in gesprek met Phoebe en Rachelle Greeff, skrywer van <em>Phoebe: \u2019n Lewe saam met Jakes Gerwel<\/em>, oor Phoebe se opwindende lewe, asook haar lewenslange stryd teen bipol\u00eare gemoedsteuring.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Die bekroonde digter en dramaturg Pieter Odendaal word deur Herschelle Benjamin uitgevra oor sy verhoogdrama <em>Droomwerk <\/em>wat vanjaar by die Suidoosterfees opgevoer word. Die hoofkarakters in die drama is losweg gegrond op Odendaal se oupa, \u2019n apartheidsenator in die jare sewentig, en sy stammoeder, Diana van Madagaskar, die 17de-eeuse slavin wat haar dogter Susanna moes weggee aan die Europe\u00ebrs. Onderwerpe soos die soeke na identiteit en die verwerking van historiese trauma kom aan die bod.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Diana Ferrus, Anzil Kulsen en Andr\u00e9 Hendricks kom gesels oor die manier waarop boeke mense kan help om die w\u00eareld beter te verstaan, en hoe dit veral vir mans leiding kan gee om hul plek in gemeenskappe op \u2019n verantwoordelike manier in te neem. <em>Wat is j\u00f3\u00fa storie?<\/em> word deur die Vriende van Afrikaans na die feesverhoog gebring met Chareldine van der Merwe as gespreksleier.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Jeugboekskrywers Fiona van Kerwel, Crystal-Donna Roberts en Th\u00e9r\u00e8se Hulme deel hul indrukke oor die mark vir jong lesers. Roberts is bekend vir haar <em>Speurder Sammi<\/em>-reeks en Van Kerwel se versamelbundel met verhale vir jong lesers, <em>Le\u00eb blikkies vol liefde<\/em>, het onlangs verskyn. Th\u00e9r\u00e8se Hulme, skrywer van <em>Praat jy!<\/em> en fasiliteerder van die Jakes Gerwel Stigting se narratiewe leerprojek vir leerders van die Kaapse Vlakte, lei die gesprek <em>Blom die lesers soos die boeke?<\/em><\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">In die sessie <em>In stede van stories<\/em> vertel die skrywers Wisani Mushwana (<em>Soft Landing<\/em>), Megan Choritz (<em>Lost Property<\/em>) en Alistair Mackay (<em>It Doesn\u2019t Have to Be This Way<\/em>) hoe dinge wat in die hoof- en systrate van stede gebeur, aanleiding gee tot onvergeetlike passasies in boeke. Die skrywers gesels met Lebo Mazibuko, \u2019n voormalige deelnemer aan die Jakes Gerwel Stigting se mentorskapprogram en die skrywer van <em>Bantu Knots<\/em>.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Die volledige program van die Jakes Gerwel-gespreksreeks is beskikbaar op <a href=\"http:\/\/www.suidoosterfees.co.za\/\">www.suidoosterfees.co.za<\/a>. Feesgangers sal \u2019n bewys van besprekings op hul selfone ontvang wat by die ingang na gesprekke vertoon word. Boeke van skrywers op die program word by die venue verkoop.<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Die gespreksreeks word na die Suidoosterfees gebring deur die Jakes Gerwel Stigting en die ATKV, en dit word ondersteun deur NB-Uitgewers, Jonathan Ball, Penguin Random House SA, Pan Macmillan SA, Naledi, Flyleaf, Protea Boekhuis, Boekdiva, Jacana, Maverick 451, Vriende van Afrikaans en die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA).<\/p>\r\n<p style=\"font-weight: 400;\">Die Suidoosterfees word geborg deur die Departement van Sport, Kuns en Kultuur; die Wes-Kaapse Departement van Kultuursake en Sport; Stad Kaapstad; Netwerk24; <em>Die Burger<\/em>; NATi; kykNET; die ATKV en Artscape.<\/p>","_af_post_name":"persverklaring-skrywers-nuusmakers-en-nuusaandraers-by-jakes-gerwel-gesprekke-op-suidoosterfees","_af_post_excerpt":"","_af_post_title":"Persverklaring: Skrywers, nuusmakers en nuusaandraers by Jakes Gerwel-gesprekke op Suidoosterfees","edit_language":"af","_price":"","_stock":"","_tribe_ticket_header":"","_tribe_default_ticket_provider":"","_ticket_start_date":"","_ticket_end_date":"","_tribe_ticket_show_description":"","_tribe_ticket_show_not_going":false,"_tribe_ticket_use_global_stock":"","_tribe_ticket_global_stock_level":"","_global_stock_mode":"","_global_stock_cap":"","_tribe_rsvp_for_event":"","_tribe_ticket_going_count":"","_tribe_ticket_not_going_count":"","_tribe_tickets_list":"[]","_tribe_ticket_has_attendee_info_fields":false,"footnotes":""},"categories":[2],"tags":[],"class_list":{"0":"post-15052","1":"post","2":"type-post","3":"status-publish","4":"format-standard","6":"category-news-photos","7":"czr-hentry"},"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/15052","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=15052"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/15052\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":15078,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/15052\/revisions\/15078"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=15052"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=15052"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=15052"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}