{"id":1450,"date":"2019-08-17T11:37:41","date_gmt":"2019-08-17T09:37:41","guid":{"rendered":"https:\/\/jgf.org.za\/?p=1450"},"modified":"2019-08-17T11:37:41","modified_gmt":"2019-08-17T09:37:41","slug":"jong-sterre-na-somerset-oos-vir-teksontwikkeling","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/jong-sterre-na-somerset-oos-vir-teksontwikkeling\/","title":{"rendered":"Jong Sterre na Somerset-Oos vir teksontwikkeling","raw":"Jong Sterre na Somerset-Oos vir teksontwikkeling"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-1445 alignright\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/Amy-Jephta.jpg\" alt=\"\" width=\"347\" height=\"520\" srcset=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/Amy-Jephta.jpg 347w, https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/Amy-Jephta-200x300.jpg 200w\" sizes=\"auto, (max-width: 347px) 100vw, 347px\" \/>Die Jakes Gerwel Stigting wat ten doel het om die skryfvaardighede van veral jong talent te help ontwikkel, bied vanjaar vir die eerste keer \u2019n mentorskapsprogram vir opkomende dramaturge aan. Hierdie projek is in samewerking met die Suidoosterfees as \u2019n uitbreiding van die fees se bestaande Jong Sterre-projek.<\/p>\n<p>Waar die fees jaarliks vir belowende jong teatermakers \u2019n speelruimte skep, bied die Stigting vanjaar vir hierdie kunstenaars intensiewe leiding met teksontwikkeling. <strong>Amy Jephta<\/strong>, gerespekteerde dramaturg wat onder meer bekend is vir die bekroonde teaterstuk <em>Kristalvlakte<\/em>, sal as die mentor optree. Hierdie opleiding sal oor drie weke in Oktober strek en aangebied word in die Stigting se onlangs gerestoureerde skrywershuis in Somerset-Oos.<\/p>\n<p>\u2019n Ope oproep vir dramaturge wat in die residensie-program sou belangstel, is vroe\u00ebr vanjaar uitgereik en bykans veertig aansoeke \u2013 selfs van so ver as Nigeri\u00eb en Kenia \u2013 is ontvang. Finaliste is aangewys, waarna hul gevra is om hul produksievoorstelle aan \u2019n paneel van teaterkenners in die Kunstekaap voor te l\u00ea. Die volgende wenners is aangewys: <strong>Du Toit Albertze<\/strong>, <strong>Tasneem Daniels<\/strong>, <strong>Herschelle Benjamin<\/strong>, <strong>Kanya Viljoen<\/strong> en <strong>Keanen Engel<\/strong>.<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-1451 alignleft\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/Du-Toit-Alberze.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/Du-Toit-Alberze.jpg 300w, https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/Du-Toit-Alberze-200x200.jpg 200w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/>Du Toit Albertze is \u2019n dramaturg, regisseur en digter wat al bekroon is met twee Beste Nuweling-toekennings by die Toyota US Woordfees en die KKNK. Die teks waaraan hy sal werk tydens die residensie-program, <em>Kaap<\/em>, vertel die storie van &#8216;n jong wit skrywer wie se lewe vervleg word met die lewens van twee eksentrieke bruin Kapenaars. Die skrywer soek na \u2019n gemeenskap in &#8216;n verwonde stad, maar moet eers &#8216;n teaterstuk skryf om geld huis toe te stuur.<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-1452 alignleft\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/Tasneem-Daniels.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/Tasneem-Daniels.jpg 300w, https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/Tasneem-Daniels-200x200.jpg 200w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/>Tasneem Daniels, \u2019n onderwyseres aan Athwood Prim\u00eare Skool, het in 2013 \u2019n kreatiewe skryfprogram aan die Universiteit van die Wes-Kaap voltooi en dis hier waar die idee vir haar stuk <em>Opening Miela\u2019s Box<\/em> ontstaan het. Hierdie drama handel oor die Kaaps-Maleise kultuur soos wat dit spesifiek deur die Moslem-gemeenskap in Kaapstad beleef word.<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-1453 alignleft\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/Keanen-Engel.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/Keanen-Engel.jpg 300w, https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/Keanen-Engel-200x200.jpg 200w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/>Keanen Engel het in 2017 sy honneurs in Drama- en Teaterstudies aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. Hy was onlangs te sien in die bekroonde teaterstuk <em>Die Gangsters <\/em>wat by die Toyota US Woordfees en ook die Suidoosterfees gespeel het. Sy beplande dramastuk <em>Slim mense<\/em> fokus op \u2019n moederfiguur wat probeer om \u2019n reeks onverstaanbare gebeure in haar lewe en verlede te ontsyfer met behulp van praktyke wat teenstrydig is met haar geloofsoortuigings.<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-1454 alignleft\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/Herschelle-Benjamin.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/Herschelle-Benjamin.jpg 300w, https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/Herschelle-Benjamin-200x200.jpg 200w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/>Herschelle Benjamin is tans besig met sy meestersgraad in Drama- en Teaterstudies aan die Universiteit van Stellenbosch. In 2018 debuteer hy as een van die Kunstekaap se Nuwe Stemme met sy stuk <em>Korreltjie Kop Klong is my Dood<\/em>. In dieselfde jaar ontvang hy \u2019n Teksmark-skrywersbeurs van Kunste Onbeperk en NATi asook die Elizabeth MacLennan Internasionale Studiebeurs van die Skotse Universiteite se Internasionale Somerskool (SUISS). Die stuk waaraan Herschelle sal werk, <em>Ons al kind<\/em>, speel af op \u2019n klein plattelandse dorpie waar die omgewing deur verskeie plaasmoorde geruk word.<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-1455 alignleft\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/Kanya-Viljoen.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/Kanya-Viljoen.jpg 300w, https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/Kanya-Viljoen-200x200.jpg 200w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/>Kanya Viljoen is ook besig met \u2019n meestersgraad in Drama- en Teaterstudies en wel aan die Universiteit van Kaapstad. Sy het onlangs gedebuteer deur die toneelstuk <em>RAAK <\/em>by die Vrystaat Kunstefees 2018 op die planke te bring. Dit is as Beste Produksie genomineer en het ook twee KykNET Fi\u00ebsta-nominasies ontvang. Kanya is verder laasjaar as Beste Opkomende Regisseur deur die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Teater (SATMag) aangewys en is hierdie jaar vir \u2019n Fleur du Cap Teater-toekenning benoem. Kanya se <em>Die man en die maan<\/em> vertel deur \u2019n kombinasie van bewegingsteater en po\u00ebtiese monoloog die magiese verhaal van \u2019n gesin wat deur die maan verskeur word.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>N\u00e1 die ontwikkeling van hierdie vyf uiteenlopende tekste sal dit tydens die Suidoosterfees wat vanaf 27 April tot 3 Mei 2020 in die Kunstekaap in Kaapstad aangebied word, op die planke gebring word.<\/p>\n","protected":false,"raw":"<img class=\"size-full wp-image-1445 alignright\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/Amy-Jephta.jpg\" alt=\"\" width=\"347\" height=\"520\" \/>Die Jakes Gerwel Stigting wat ten doel het om die skryfvaardighede van veral jong talent te help ontwikkel, bied vanjaar vir die eerste keer \u2019n mentorskapsprogram vir opkomende dramaturge aan. Hierdie projek is in samewerking met die Suidoosterfees as \u2019n uitbreiding van die fees se bestaande Jong Sterre-projek.\r\n\r\nWaar die fees jaarliks vir belowende jong teatermakers \u2019n speelruimte skep, bied die Stigting vanjaar vir hierdie kunstenaars intensiewe leiding met teksontwikkeling. <strong>Amy Jephta<\/strong>, gerespekteerde dramaturg wat onder meer bekend is vir die bekroonde teaterstuk <em>Kristalvlakte<\/em>, sal as die mentor optree. Hierdie opleiding sal oor drie weke in Oktober strek en aangebied word in die Stigting se onlangs gerestoureerde skrywershuis in Somerset-Oos.\r\n\r\n\u2019n Ope oproep vir dramaturge wat in die residensie-program sou belangstel, is vroe\u00ebr vanjaar uitgereik en bykans veertig aansoeke \u2013 selfs van so ver as Nigeri\u00eb en Kenia \u2013 is ontvang. Finaliste is aangewys, waarna hul gevra is om hul produksievoorstelle aan \u2019n paneel van teaterkenners in die Kunstekaap voor te l\u00ea. Die volgende wenners is aangewys: <strong>Du Toit Albertze<\/strong>, <strong>Tasneem Daniels<\/strong>, <strong>Herschelle Benjamin<\/strong>, <strong>Kanya Viljoen<\/strong> en <strong>Keanen Engel<\/strong>.\r\n<table>\r\n<tbody>\r\n<tr>\r\n<td><img class=\"size-full wp-image-1451 alignleft\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/Du-Toit-Alberze.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"300\" \/>Du Toit Albertze is \u2019n dramaturg, regisseur en digter wat al bekroon is met twee Beste Nuweling-toekennings by die Toyota US Woordfees en die KKNK. Die teks waaraan hy sal werk tydens die residensie-program, <em>Kaap<\/em>, vertel die storie van 'n jong wit skrywer wie se lewe vervleg word met die lewens van twee eksentrieke bruin Kapenaars. Die skrywer soek na \u2019n gemeenskap in 'n verwonde stad, maar moet eers 'n teaterstuk skryf om geld huis toe te stuur.<\/td>\r\n<\/tr>\r\n<tr>\r\n<td><img class=\"size-full wp-image-1452 alignleft\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/Tasneem-Daniels.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"300\" \/>Tasneem Daniels, \u2019n onderwyseres aan Athwood Prim\u00eare Skool, het in 2013 \u2019n kreatiewe skryfprogram aan die Universiteit van die Wes-Kaap voltooi en dis hier waar die idee vir haar stuk <em>Opening Miela\u2019s Box<\/em> ontstaan het. Hierdie drama handel oor die Kaaps-Maleise kultuur soos wat dit spesifiek deur die Moslem-gemeenskap in Kaapstad beleef word.<\/td>\r\n<\/tr>\r\n<tr>\r\n<td><img class=\"size-full wp-image-1453 alignleft\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/Keanen-Engel.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"300\" \/>Keanen Engel het in 2017 sy honneurs in Drama- en Teaterstudies aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. Hy was onlangs te sien in die bekroonde teaterstuk <em>Die Gangsters <\/em>wat by die Toyota US Woordfees en ook die Suidoosterfees gespeel het. Sy beplande dramastuk <em>Slim mense<\/em> fokus op \u2019n moederfiguur wat probeer om \u2019n reeks onverstaanbare gebeure in haar lewe en verlede te ontsyfer met behulp van praktyke wat teenstrydig is met haar geloofsoortuigings.<\/td>\r\n<\/tr>\r\n<tr>\r\n<td><img class=\"size-full wp-image-1454 alignleft\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/Herschelle-Benjamin.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"300\" \/>Herschelle Benjamin is tans besig met sy meestersgraad in Drama- en Teaterstudies aan die Universiteit van Stellenbosch. In 2018 debuteer hy as een van die Kunstekaap se Nuwe Stemme met sy stuk <em>Korreltjie Kop Klong is my Dood<\/em>. In dieselfde jaar ontvang hy \u2019n Teksmark-skrywersbeurs van Kunste Onbeperk en NATi asook die Elizabeth MacLennan Internasionale Studiebeurs van die Skotse Universiteite se Internasionale Somerskool (SUISS). Die stuk waaraan Herschelle sal werk, <em>Ons al kind<\/em>, speel af op \u2019n klein plattelandse dorpie waar die omgewing deur verskeie plaasmoorde geruk word.<\/td>\r\n<\/tr>\r\n<tr>\r\n<td><img class=\"size-full wp-image-1455 alignleft\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/Kanya-Viljoen.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"300\" \/>Kanya Viljoen is ook besig met \u2019n meestersgraad in Drama- en Teaterstudies en wel aan die Universiteit van Kaapstad. Sy het onlangs gedebuteer deur die toneelstuk <em>RAAK <\/em>by die Vrystaat Kunstefees 2018 op die planke te bring. Dit is as Beste Produksie genomineer en het ook twee KykNET Fi\u00ebsta-nominasies ontvang. Kanya is verder laasjaar as Beste Opkomende Regisseur deur die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Teater (SATMag) aangewys en is hierdie jaar vir \u2019n Fleur du Cap Teater-toekenning benoem. Kanya se <em>Die man en die maan<\/em> vertel deur \u2019n kombinasie van bewegingsteater en po\u00ebtiese monoloog die magiese verhaal van \u2019n gesin wat deur die maan verskeur word.<\/td>\r\n<\/tr>\r\n<\/tbody>\r\n<\/table>\r\nN\u00e1 die ontwikkeling van hierdie vyf uiteenlopende tekste sal dit tydens die Suidoosterfees wat vanaf 27 April tot 3 Mei 2020 in die Kunstekaap in Kaapstad aangebied word, op die planke gebring word."},"excerpt":{"rendered":"","protected":false,"raw":""},"author":2,"featured_media":1457,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_en_post_content":"<img class=\"size-full wp-image-1445 alignright\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/Amy-Jephta.jpg\" alt=\"\" width=\"347\" height=\"520\" \/>\r\n\r\nThe Jakes Gerwel Foundation whose aim it is to help develop especially young talent is offering, for the first time, a mentorship programme for upcoming playwrights. This project is in collaboration with the Suidoosterfees as an extension of the festival's existing Jong Sterre project.\r\n\r\nWhile the Suidoosterfees presents an annual platform to young theatre makers to produce their work, this year the Foundation offers these artists intensive guidance with regard to text development. <strong>Amy Jephta<\/strong>, the respected playwright and known for, among others, the award-winning play <em>Kristalvlakte<\/em> will act as mentor. This training will stretch over three weeks in October in the Foundation\u2019s recently restored writers house in Somerset East.\r\n\r\nAn open invitation for playwrights interested in the residence programme has been sent out earlier this year and almost forty applications \u2013 even coming from so far as Nigeria and Kenya \u2013 have been received. The finalists have been selected and asked to present their production proposals to a panel of theatre experts in the Artscape. The following candidates were announced as winners: <strong>Du Toit Albertze<\/strong>, <strong>Tasneem Daniels<\/strong>, <strong>Herschelle Benjamin<\/strong>, <strong>Kanya Viljoen<\/strong> and <strong>Keanen Engel<\/strong>.\r\n<table>\r\n<tbody>\r\n<tr>\r\n<td><img class=\"size-full wp-image-1451 alignleft\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/Du-Toit-Alberze.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"300\" \/>Du Toit Albertze is a playwright, director and poet who has already won two Newcomer awards at the Toyota US Woordfees and the KKNK. The text he will be working on during the residence programme, <em>Kaap<\/em>, tells the story of a young white writer whose life gets caught up with those of two eccentric coloured Capetonians. The writer is in search of a community in a wounded city, but must first write a theatre piece so that he can send money home.<\/td>\r\n<\/tr>\r\n<tr>\r\n<td><img class=\"size-full wp-image-1452 alignleft\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/Tasneem-Daniels.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"300\" \/>Tasneem Daniels, a teacher at Athwood Primary School, completed a creative writing programme at the University of the Western Cape in 2013 and it is here that the concept for her piece <em>Opening Miela\u2019s Box<\/em> originated. This play is about the Cape Malay culture as it is experienced by the Muslim community in Cape Town.<\/td>\r\n<\/tr>\r\n<tr>\r\n<td><img class=\"size-full wp-image-1453 alignleft\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/Keanen-Engel.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"300\" \/>Keanen Engel completed his honours in Theatre and Drama Studies at the Stellenbosch University in 2017. He was recently seen in the award-winning theatre piece <em>Die Gangsters <\/em>that was staged at the Toyota US Woordfees and also at the Suidoosterfees. His planned drama piece <em>Slim mense<\/em> focuses on a mother figure who is trying to make sense of a series of incomprehensible events in her life and past by means of practices that are contrary to her religious beliefs.<\/td>\r\n<\/tr>\r\n<tr>\r\n<td><img class=\"size-full wp-image-1454 alignleft\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/Herschelle-Benjamin.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"300\" \/>Herschelle Benjamin is currently enrolled for his master's degree in Theatre and Drama Studies at the Stellenbosch University. In 2018 he made his debut as one of Artscape\u2019s New Voices with his piece <em>Korreltjie Kop Klong is my Dood<\/em>. In the same year he received a Teksmark writers bursary from Kunste Onbeperk and NATi as well as the Elizabeth MacLennan International Scholarship of the Scottish Universities\u2019 Summer School (SUISS). The piece Herschelle will work on, <em>Ons al kind<\/em>, is set in a small rural town where the community is suddenly rocked by several farm murders.<\/td>\r\n<\/tr>\r\n<tr>\r\n<td><img class=\"size-full wp-image-1455 alignleft\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/Kanya-Viljoen.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"300\" \/>Kanya Viljoen is also busy with a master's degree in Theatre and Drama and is enrolled at the University of Cape Town. She made her debut recently by staging the theatre piece <em>RAAK <\/em>at the Vrystaat Kunstefees 2018. It was nominated for Best Production and it also received two KykNET Fi\u00ebsta nominations. Last year Kanya has been named Best Emerging Director by the South African Theatre Magazine (SATMag) and this year she received a nomination for a Fleur du Cap Theatre Award. Kanya\u2019s <em>Die man en die maan<\/em> uses physical theatre and poetic monologue as media to tell the magical story of a family that is being torn apart by the moon.<\/td>\r\n<\/tr>\r\n<\/tbody>\r\n<\/table>\r\nAfter the development of these five unique texts, they will be staged during the Suidoosterfees that will run from 27 April to 3 May 2020 in Artscape, Cape Town.","_en_post_name":"jong-sterre-to-somerset-east-for-text-development","_en_post_excerpt":"","_en_post_title":"Jong Sterre to Somerset East for text development","_af_post_content":"<img class=\"size-full wp-image-1445 alignright\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/Amy-Jephta.jpg\" alt=\"\" width=\"347\" height=\"520\" \/>Die Jakes Gerwel Stigting wat ten doel het om die skryfvaardighede van veral jong talent te help ontwikkel, bied vanjaar vir die eerste keer \u2019n mentorskapsprogram vir opkomende dramaturge aan. Hierdie projek is in samewerking met die Suidoosterfees as \u2019n uitbreiding van die fees se bestaande Jong Sterre-projek.\r\n\r\nWaar die fees jaarliks vir belowende jong teatermakers \u2019n speelruimte skep, bied die Stigting vanjaar vir hierdie kunstenaars intensiewe leiding met teksontwikkeling. <strong>Amy Jephta<\/strong>, gerespekteerde dramaturg wat onder meer bekend is vir die bekroonde teaterstuk <em>Kristalvlakte<\/em>, sal as die mentor optree. Hierdie opleiding sal oor drie weke in Oktober strek en aangebied word in die Stigting se onlangs gerestoureerde skrywershuis in Somerset-Oos.\r\n\r\n\u2019n Ope oproep vir dramaturge wat in die residensie-program sou belangstel, is vroe\u00ebr vanjaar uitgereik en bykans veertig aansoeke \u2013 selfs van so ver as Nigeri\u00eb en Kenia \u2013 is ontvang. Finaliste is aangewys, waarna hul gevra is om hul produksievoorstelle aan \u2019n paneel van teaterkenners in die Kunstekaap voor te l\u00ea. Die volgende wenners is aangewys: <strong>Du Toit Albertze<\/strong>, <strong>Tasneem Daniels<\/strong>, <strong>Herschelle Benjamin<\/strong>, <strong>Kanya Viljoen<\/strong> en <strong>Keanen Engel<\/strong>.\r\n<table>\r\n<tbody>\r\n<tr>\r\n<td><img class=\"size-full wp-image-1451 alignleft\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/Du-Toit-Alberze.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"300\" \/>Du Toit Albertze is \u2019n dramaturg, regisseur en digter wat al bekroon is met twee Beste Nuweling-toekennings by die Toyota US Woordfees en die KKNK. Die teks waaraan hy sal werk tydens die residensie-program, <em>Kaap<\/em>, vertel die storie van 'n jong wit skrywer wie se lewe vervleg word met die lewens van twee eksentrieke bruin Kapenaars. Die skrywer soek na \u2019n gemeenskap in 'n verwonde stad, maar moet eers 'n teaterstuk skryf om geld huis toe te stuur.<\/td>\r\n<\/tr>\r\n<tr>\r\n<td><img class=\"size-full wp-image-1452 alignleft\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/Tasneem-Daniels.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"300\" \/>Tasneem Daniels, \u2019n onderwyseres aan Athwood Prim\u00eare Skool, het in 2013 \u2019n kreatiewe skryfprogram aan die Universiteit van die Wes-Kaap voltooi en dis hier waar die idee vir haar stuk <em>Opening Miela\u2019s Box<\/em> ontstaan het. Hierdie drama handel oor die Kaaps-Maleise kultuur soos wat dit spesifiek deur die Moslem-gemeenskap in Kaapstad beleef word.<\/td>\r\n<\/tr>\r\n<tr>\r\n<td><img class=\"size-full wp-image-1453 alignleft\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/Keanen-Engel.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"300\" \/>Keanen Engel het in 2017 sy honneurs in Drama- en Teaterstudies aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. Hy was onlangs te sien in die bekroonde teaterstuk <em>Die Gangsters <\/em>wat by die Toyota US Woordfees en ook die Suidoosterfees gespeel het. Sy beplande dramastuk <em>Slim mense<\/em> fokus op \u2019n moederfiguur wat probeer om \u2019n reeks onverstaanbare gebeure in haar lewe en verlede te ontsyfer met behulp van praktyke wat teenstrydig is met haar geloofsoortuigings.<\/td>\r\n<\/tr>\r\n<tr>\r\n<td><img class=\"size-full wp-image-1454 alignleft\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/Herschelle-Benjamin.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"300\" \/>Herschelle Benjamin is tans besig met sy meestersgraad in Drama- en Teaterstudies aan die Universiteit van Stellenbosch. In 2018 debuteer hy as een van die Kunstekaap se Nuwe Stemme met sy stuk <em>Korreltjie Kop Klong is my Dood<\/em>. In dieselfde jaar ontvang hy \u2019n Teksmark-skrywersbeurs van Kunste Onbeperk en NATi asook die Elizabeth MacLennan Internasionale Studiebeurs van die Skotse Universiteite se Internasionale Somerskool (SUISS). Die stuk waaraan Herschelle sal werk, <em>Ons al kind<\/em>, speel af op \u2019n klein plattelandse dorpie waar die omgewing deur verskeie plaasmoorde geruk word.<\/td>\r\n<\/tr>\r\n<tr>\r\n<td><img class=\"size-full wp-image-1455 alignleft\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/Kanya-Viljoen.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"300\" \/>Kanya Viljoen is ook besig met \u2019n meestersgraad in Drama- en Teaterstudies en wel aan die Universiteit van Kaapstad. Sy het onlangs gedebuteer deur die toneelstuk <em>RAAK <\/em>by die Vrystaat Kunstefees 2018 op die planke te bring. Dit is as Beste Produksie genomineer en het ook twee KykNET Fi\u00ebsta-nominasies ontvang. Kanya is verder laasjaar as Beste Opkomende Regisseur deur die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Teater (SATMag) aangewys en is hierdie jaar vir \u2019n Fleur du Cap Teater-toekenning benoem. Kanya se <em>Die man en die maan<\/em> vertel deur \u2019n kombinasie van bewegingsteater en po\u00ebtiese monoloog die magiese verhaal van \u2019n gesin wat deur die maan verskeur word.<\/td>\r\n<\/tr>\r\n<\/tbody>\r\n<\/table>\r\nN\u00e1 die ontwikkeling van hierdie vyf uiteenlopende tekste sal dit tydens die Suidoosterfees wat vanaf 27 April tot 3 Mei 2020 in die Kunstekaap in Kaapstad aangebied word, op die planke gebring word.","_af_post_name":"jong-sterre-na-somerset-oos-vir-teksontwikkeling","_af_post_excerpt":"","_af_post_title":"Jong Sterre na Somerset-Oos vir teksontwikkeling","edit_language":"af","_price":"","_stock":"","_tribe_ticket_header":"","_tribe_default_ticket_provider":"","_ticket_start_date":"","_ticket_end_date":"","_tribe_ticket_show_description":"","_tribe_ticket_show_not_going":false,"_tribe_ticket_use_global_stock":"","_tribe_ticket_global_stock_level":"","_global_stock_mode":"","_global_stock_cap":"","_tribe_rsvp_for_event":"","_tribe_ticket_going_count":"","_tribe_ticket_not_going_count":"","_tribe_tickets_list":"[]","_tribe_ticket_has_attendee_info_fields":false,"footnotes":""},"categories":[2],"tags":[],"class_list":{"0":"post-1450","1":"post","2":"type-post","3":"status-publish","4":"format-standard","5":"has-post-thumbnail","7":"category-news-photos","8":"czr-hentry"},"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1450","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1450"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1450\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1458,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1450\/revisions\/1458"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1457"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1450"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1450"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1450"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}