{"id":1009,"date":"2019-05-01T16:08:18","date_gmt":"2019-05-01T14:08:18","guid":{"rendered":"https:\/\/jgf.org.za\/?p=1009"},"modified":"2019-06-05T21:09:57","modified_gmt":"2019-06-05T19:09:57","slug":"","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/suksesvolle-aansoeke-vir-die-jakes-gerwel-stigting-en-pen-afrikaans-skrywersresidensie\/","title":{"rendered":"","raw":""},"content":{"rendered":"","protected":false,"raw":""},"excerpt":{"rendered":"","protected":false,"raw":""},"author":2,"featured_media":1431,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_en_post_content":"Die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans kondig met trots die suksesvolle aansoekers aan vir die skrywersresidensie wat di\u00e9 twee organisasies vanjaar aanbied.\r\n\r\nDie fokus van die residensieprogram is veral skrywers wat nuwe stories na die Afrikaanse letterkunde bring en leefw\u00earelde oopskryf wat nog nie voldoende in die letterkunde gehoor is nie.\r\n\r\nNa deeglike oorweging van die aansoeke, wat van hoogstaande gehalte was, is die volgende ses skrywers as suksesvolle aansoekers aangewys:\r\n<ul>\r\n \t<li>Jeremy Vearey<\/li>\r\n \t<li>Kirby van der Merwe<\/li>\r\n \t<li>Lynthia Julius<\/li>\r\n \t<li>Nathan Trantraal<\/li>\r\n \t<li>Ronelda Kamfer<\/li>\r\n \t<li>Ryan Pedro<\/li>\r\n<\/ul>\r\n<img class=\"wp-image-1431 aligncenter\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/05\/skrywersresedensie_fotor.jpg\" alt=\"\" width=\"600\" height=\"600\" \/>\r\n\r\nDie skrywersverblyf sal die skrywers in staat stel om vir \u2019n maand aan \u2019n manuskrip te slyp in die rustige en prentjiemooi omgewing van die Paulethuis in Somerset-Oos. Die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans dek die kostes van die skrywers se verblyf, insluitende internet, skoonmaakdienste, etes (drie maaltye per dag), retoerkaartjies na Port Elizabeth en vervoer van en na die lughawe. Vervoer in Somerset-Oos sal ook aangebied word.\r\n\r\n\u201cDit was \u2019n plesier om deur soveel sterk aansoeke te werk,\u201d vertel Theo Kemp, uitvoerende hoof van die Jakes Gerwel Stigting. \u201cDaar is belangrike verhale wat wag om vertel te word en gedigte wat wag om geskryf te word. Ons wil met hierdie projek Jakes Gerwel se liefde vir Afrikaans vier en ons pas gerestoureerde skrywershuis benut om soveel as moontlik skrywers te ondersteun. Ons glo dat die skrywersresidensie die skrywers die nodige tyd en ruimte sal gee om goed met hulle skryfwerk te vorder. Dit is uiteindelik tot ons almal se voordeel.\u201d\r\n\r\n\u201cAs \u2019n skrywersvereniging is PEN Afrikaans onder meer daarop gemik om skrywersbelange te verteenwoordig en te bevorder. Die Skrywersresidensie is presies die tipe projek wat ons graag ondersteun en ons is dankbaar om dit in samewerking met die Jakes Gerwel Stigting te kan doen,\u201d s\u00ea Marga Stoffer, voorsitter van PEN Afrikaans. \u201cOns wens die skrywers \u2019n goeie en produktiewe verblyf in Somerset-Oos toe.\u201d\r\n\r\n<img class=\"alignnone size-full wp-image-858\" src=\"https:\/\/jgf.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/pa200.jpg\" alt=\"\" width=\"200\" height=\"91\" \/>\r\n\r\n<strong>Rig asseblief navrae aan Theo Kemp by <\/strong><a href=\"mailto:theo@jgf.org.za\"><strong>theo@jgf.org.za<\/strong><\/a>\r\n\r\nDie Jakes Gerwel Stigting het ten doel om die werksaamhede en belangstellings van Gert Johannes \u201cJakes\u201d Gerwel voort te sit in die ontwikkeling en bevordering van die opvoedkunde, kuns en kultuur en die sosiale geregtigheid in Suid-Afrika in die algemeen. Die stigting fokus veral op die bevordering en uitbouing van die Suid-Afrikaanse letterkunde.\r\n\r\nPEN Afrikaans is \u2019n vereniging van skrywers, joernaliste, uitgewers en belanghebbendes wat, deur lidmaatskap aan PEN Internasionaal, sy lede in \u2019n internasionale konteks verteenwoordig. PEN Afrikaans is gerig op die bevordering van die Afrikaanse letterkunde en die reg tot vryheid van uitdrukking.\r\n\r\n&nbsp;","_en_post_name":"suksesvolle-aansoeke-vir-die-jakes-gerwel-stigting-en-pen-afrikaans-skrywersresidensie","_en_post_excerpt":"Die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans kondig met trots die suksesvolle aansoekers aan vir die skrywersresidensie wat di\u00e9 twee organisasies vanjaar aanbied.","_en_post_title":"Suksesvolle aansoeke vir die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie","_af_post_content":"","_af_post_name":"","_af_post_excerpt":"","_af_post_title":"","edit_language":"af","_price":"","_stock":"","_tribe_ticket_header":"","_tribe_default_ticket_provider":"","_ticket_start_date":"","_ticket_end_date":"","_tribe_ticket_show_description":"","_tribe_ticket_show_not_going":false,"_tribe_ticket_use_global_stock":"","_tribe_ticket_global_stock_level":"","_global_stock_mode":"","_global_stock_cap":"","_tribe_rsvp_for_event":"","_tribe_ticket_going_count":"","_tribe_ticket_not_going_count":"","_tribe_tickets_list":"[]","_tribe_ticket_has_attendee_info_fields":false,"footnotes":""},"categories":[2],"tags":[],"class_list":{"0":"post-1009","1":"post","2":"type-post","3":"status-publish","4":"format-standard","5":"has-post-thumbnail","7":"category-news-photos","8":"czr-hentry"},"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1009","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1009"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1009\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1432,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1009\/revisions\/1432"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1431"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1009"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1009"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/jgf.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1009"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}