Ons is dankbaar vir mev. Phoebé Gerwel se skenking van wyle professor Jakes Gerwel se geliefde historiese huis in Pauletstraat in die skilderagtige Somerset-Oos aan die voet van die Bosberg sowat 200 km noord van Port Elizabeth in die Oos-Kaap. Hierdie vriendelike huis met sy sjarmante ouwêreldsheid, ruim kamers, houtvloere en lowergroen tuin bied die ideale geleentheid vir skrywers om in ’n inspirerende omgewing aan hul manuskripte te werk. Met Paulet Huis se deure wawyd oop vir die kunste wil die Jakes Gerwel Stigting voldoen aan sy missie om veral jong woordkunstenaars te onderskraag gedurende die skryfproses.
Jakes-Gerwel-Foundation-Paulet-House-brochureLaai hier die pragbrosjure van Paulet Huis af.