Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

Teksmark 2024

1 Julie 2024

Teksmark 2024

Die verhoog is slaggereed om aan jou verbeelding, unieke stories, intriges, kinkels en onvergeetlike karakters vlerke te gee by die negende Teksmark, wat van 29 en 30 Augustus in die Baxter-teatersentrum in Kaapstad aangebied word en die tweede Teksmark Joburg op 24 en 25 Oktober.

Of jy nou ’n gesoute of aspirant teaterskrywer is, hierdie uitnodiging vir voorstelle is jou kans om lewe te gee aan jou teatertekste wat nog nie op die verhoog te sien was nie, om die kollig op jou idees te fokus en hulle te laat floreer.

Om jou teks-idee voor te stel benodig jy ’n tema, storielyn, kort beskrywing van die karakters en ten minste vyf bladsye se dialoog. Die voorgestelde teks moet lank genoeg wees vir ’n optrede van ten minste tien minute. Teks-idees word in alle genres verwelkom en hoewel volledige tekste ingedien kan word, is dit nie ’n vereiste nie.

Slegs Suid-Afrikaanse burgers kan voorstelle indien. Teks-idees in alle genres word oorweeg. Tekste in alle amptelike Suid-Afrikaanse tale word oorweeg. Veeltalige tekste word aangemoedig. Slegs oorspronklike tekste word oorweeg. Vertalings en verwerkings word nie aanvaar nie. Slegs tekste wat nog nie vantevore professioneel opgevoer is nie word oorweeg. Geen handgeskrewe voorstelle word aanvaar nie – dit moet in Word- of .pdf-formaat ingedien word.

Die sluitingsdatum vir voorstelle is Maandag 1 Julie 2024 om middernag.

Klik hier om jou voorstel aanlyn in te dien.

Vir meer inligting of navrae, kontak gerus vir Lizané Basson by lizane@kunste.org.za, skakel 044 203 8600 of stuur ’n WhatsApp na 065 285 2337.

Klik hier vir meer inligting.

Details

Date:
1 Julie 2024
Event Category:
Website:
https://teksmark.kknk.co.za/

Organizer

KKNK
View Organizer Website