Jakes Gerwel-gespreksreeks by die Suidoosterfees
Aangebied deur die Jakes Gerwel Stigting en die ATKV
Phoebe – ’n lewe met en sonder Jakes Gerwel
In samewerking met Boekdiva
Met Phoebe Gerwel, Rachelle Greeff en Haidee Muller-Isaacs
In haar aangrypende memoir herroep Phoebe Gerwel herinneringe van haar grootwordjare in Grassy Park, asook die ontmoeting met die skrander jong plattelandse man in Adam Small se filosofieklas. Min het sy toe geweet watter draaie haar lewe sou loop met dié belese man wat later ’n groot rol sou speel in die land se oorgangstydperk na 1994. Maar aan die donker kant van die opwindende lewe van internasionale reise en ontmoetings met staatshoofde, voer Phoebe ’n lewenslange stryd teen bipolêre gemoedsteuring.
27 April 14:30 | ATKV-Innovasiespasie | 60 min | Afr | Gratis
Bespreek jou plek hier: https://www.webtickets.co.za/v2/Event.aspx?itemid=1542376166
Wat jy moet weet
Jakes Gerwel Discussions at the Suidoosterfees
Presented by the Jakes Gerwel Foundation and the ATKV
Phoebe – ’n lewe met en sonder Jakes Gerwel
In collaboration with Boekdiva
With Phoebe Gerwel, Rachelle Greeff and Haidee Muller-Isaacs
In her captivating memoir, Phoebe Gerwel remembers her childhood years in Grassy Park, as well as her encounter with the bright young rural fellow in Adam Small’s Philosophy class. Little did she know what turns her life would take at the side of the erudite man who would eventually play a leading role in the country’s transition to democracy. However, in the shadows of an exciting life of travels all over the world and meetings with heads of state, Phoebe was caught in a life-long battle with bipolar disorder.
27 April 14:30 | ATKV Innovation Lounge | 60 min | Afr | Free
Book your ticket here: https://www.webtickets.co.za/v2/Event.aspx?itemid=1542376166
What you need to know