Die ATKV-Kinderboektoekennings word jaarliks aangebied om die gewildste Afrikaanse kinderboeke te bekroon wat gedurende die voorafgaande kalenderjaar verskyn het. Die boeke wat vir hierdie toekennings in aanmerking kom, word deur die kinders self beoordeel.
Die Kinderboektoekennings is daarop gerig om kinders te laat lees en om sodoende die verkoop van Afrikaanse kinderboeke aan te moedig. Verder wil die ATKV skrywers, uitgewers en illustreerders deur middel van hierdie projek help deur ‘n aanduiding te probeer gee van watter boeke kinders werklik hou. Met dié toekennings ontvang skrywers, uitgewers en illustreerders ook erkenning vir hul toegewyde werk.
Kinders in graad RR tot leerders in graad 10 is die beoordelaars en neem deur skole en biblioteke deel.
Vir meer inligting kontak vir Jeanne Naude by jeannen@atkv.org.za.
Laai hier die reglemente vir 2024 af.